Rugbyballe vir onderwys

05 November 2019 | Sports

Namibia Media Holdings (NMH) het Vrydag as deel van sy korporatiewe sosiale verantwoordelikheid N$20 000 aan die Amos Meerkat Skoleprojek (AMS) oorhandig ter ondersteuning van sy sillabus. Die bedrag is ingesamel uit die opveil van rugbyballe wat die Namibiese nasionale rugbyspan tydens die onlangse Wêreldrugbybekertoernooi geteken het. Op die foto is mnr. Johan Deysel, ‘n AMS-raadslid, me. Martha Shamalza, een die AMS-sillabus se moniteerders, en mnr. Albe Botha, die uitvoerende hoof van NMH. FOTO JUSTICIA SHIPENA