1983

Daar's koek in die hoek!

Deur Des Erasmus

DIT was so byna soos in die dae van die "diggings". Die vinnigste man in die bondel het elke keer die wedloop gewen en sy kleim afgepen. Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion was dit Chris Badenhorst, kaptein en heelagter van die Hoërskool Windhoek, wat die wedloop 'n triomftog na twee juweeldrieë gemaak het. Die skat waarmee sy span beloon was, is die Klopper-beker. Vir die tweede agtereenvolgende jaar kry die hoogste trofee in skolerugby 'n staanplek in die glaskas van WHS nadat 'n stram HTS eers in die bittereinde van die wedstryd oorgegee het. Die geskiedenis op die telbord was 10-6 in die guns van WHS.
Maklik was dit nie. HTS was in die tweede helfte met 6-0 voor toe Badenhorst die hoekvlaggie aan die Iinkerkant as teiken vir sy wedloop gekies het. Hy het gewen en die telling was 6-4. Voor die eindfluitjie het hy op identiese wyse 'n tweede jaagtog hoekvlag toe gewen. Daar was net een verskil. In 'n middag van vrotsige skelskopwerk het Bennie Viljoen, losskakel van WHS, die keer die bal hoog deur die mikke gejaag en die telbord op 10-6 laat vasslaan. Die twee blinkes wat in die sif van HTS agtergebly het, was twee strafdoele deur haker Spencer du Toit. Maar hoe amper was dit nie vir HTS nie. In daardie eerste helfte het Theuns van der Merwe soos 'n warrelwind langs die linkervleuel afgestorm en sentimeters kort van die doellyn geval. Die wedstryd het sy twee duidelike afdelings gehad — HTS wat sterk begin het en WHS wat nog sterker geëindig het. Eers die wenners.
In daardie eerste helfte was dit veral op die verdediging wat HTS pragtig in een ferme lyn opgestorm het en die gate toegestop het. WHS het daarop gekonsentreer om foute uit te skakel en wanneer mnr. Jacques Malan se geselsende fluitjie gepraat het, was dit gewoonlik teen HTS. Veral in die lynstane het HTS foute gemaak wat tot 'n rits strafskoppe teen hom aanleiding gegee het. Dit was vroeg duidelik dat Chris Badenhorst vir HTS die WHS-man met die prys op sy kop was. Elke keer wanneer hy hom uit die heelagter-posisie by sy agterlyn kom aansluit het, was daar sommer drie-vier verdedigers by om hom te laat val — soms bitter hard te laat val. Dit was toe dat Badenhorst besluit het om buite die vleuels in te kom waar die dekverdediging nie so heg was nie. Juis dit het tot sy twee drieë aanleiding gegee. Lig ook die hoede vir die wyse waarop WHS se voorspelers gehou en teen die einde selfs teruggekom het nadat dit aanvanklik gelyk het of hierdie uur plus in die hoofkwartier van Suidwes-rugby vir hulle 'n moordtog sou afgee. Hierdie voorhoede het op die regte plekke toegeslaan soos kantman Uys Schickerling, wat met sy neus op die bal gebly het. 'n Halfdosyn hoekoms slaan uit wanneer die vergrootglas na die spel van die verloorders verskuif. In die eerste twintig minute het HTS se voorspelers 'n paar keer indrukwekkend gedryf, maar hierdie taktiek toe sonder rede laat vaar. In sy agterlyn was daar hanteer-foute, maar daarvoor het 'n eenvoudige rede bestaan. Die agterspelers het te ver van mekaar gestaan en suiwer aangeewerk bemoeilik. En waar was die kruisverdediging toe Badenhorst vir sy twee drieë deurgesny het. 'n Man soos die hardwer-kende Koos Swart as los-voorspeler is mos gewoonlik daar. Die doelskoppers se visier was uit, maar nogtans was dit HTS se Spencer du Toit wat sy span rustyd met 3-0 laat voorloop het nadat hy 'n taamlike maklike doel deurgeklits het. In die veertiende minuut het HTS sy gevaarlike taktiek van 'n bykomende speler in die agterlyn gebruik en Theuns van der Merwe was weg op 'n stormloop hoekvlag toe. Vlieënde laagvatte het hom naellengtes van die lyn gestuit en hy is gestraf toe hy nie die versoeking kon weerstaan om die bal tog in die gloriegebied te skuif nie. Met daardie 3-0 was HTS steeds 'n kortkop voor toe rustyd aangebreek het. Knaprustyd het Du Toit dit 6-0 gemaak met sy tweede strafdoel. In hierdie stadium het WHS reeds die ondernemingsgees geneem en HTS moes keer net waar hy kon. Ná 14 minute het WHS se agterlyn op 'n bondeltjie getrek nadat HTS onder hewige druk die bal oor die doodlyn gesool het. WHS het bemeester en Chris Badenhorst in die middelveld in besit gestel vir sy eerste triomftog hoekvlag toe. Die doelskop was mis, maar HTS se voorsprong van 6- 4 het in hierdie stadium gevaarlik gekantel.
Toe Badenhorst sy tweede drie op identiese wyse gaan druk het en Viljoen se doelskop uit die hoek skitterend oor was, het WHS die Klopper-beker met 10-6 gewen.

More Entries

 

1969

KEETMANS WEN DIE BEKERDie Hoërskool Keetmanshoop het Maandamiddig in die Suidwes-stadion die Klopper-beker gewen toe hy die Hoërskool Outjo in die eindronde met 6-3 geklop het. Die ondernemingsgees...

1970

WHS wen eindstryd om Klopperbeker Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Windhoek het Saterdag in die hoofwedstryd in die Suidwes-stadion in Windhoek, die gesogte Klopperbeker gewen toe hulle...

1971

WINDHOEK HOËRSKOOL BEHOU DIE KLOPPER-SKILD WINDH0EK HOËRSKOOL se rugbyspan het Saterdag vir die tweede agtereenvolgende jaar die Klopper-skild verower deur die besoekende span van die Hoërskool Outjo met...

1972

BEKER VANJAAR NA KEETMANS DIE Klopper-beker staan vanjaar op Keetmanshoop. Dit is die eerste keer dat die Hoërskool Keetmanshoop die gesogte trofee kon verower. Die besoekers van Suide het...

1973

KLOPPER-BEKER VANJAAR NA OTJIWARONGO (DEUR TOESKOUER) TOESKOUERS in die Suidwes-stadion het Saterdag tot op die laaste gebly tydens die harde, taai en spannende stryd tussen die spanne van Otjiwarongo en...

1974

Walvis wen bekerDlE rugbyspan van die Hoërskool Walvisbaai het Saterdag vir die eerste keer die Klopperbeker gewen toe hy die Hoërskool Outjo, Suidwes se kleinste hoërskool, met...

1975

HTS wen pragstryd en Klopperbeker Deur Cor Leijenaar VOORSPELERSPEL is nie alles in rugby nie. Dit is Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion oor en weer deur die Hoër Tegniese Skool...

1976

HTS VEG HARD OM BEKER TE BEHOU Deur Cor Leiejenaar DIE Hoër Tegniese Skool het Saterdag die Klopper-beker vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen toe hy die Hoërskool Etosha met...

1977

WHS VERRAS HTS DIE Hoërskool Windhoek het Saterdag in die Suidwes-stadion byna die “onmoontlike” reggekry toe hy die Hoër Tegniese skool met 3-0 geklop het om die...

1978

Foto’s Len Ward Klopperbeker gaan Keetmans toe! DIT was Saterdag die Suide se dag! PK de Villiers van Keetmanshoop het die derde keer daarin geslaag om die Klopperbeker te...

1979

WHS wen die Klopper-beker! QUINTON BOTES, haker en kaptein van WHS se eerste rugbyspan, staan hier met die Klopper-beker nadat sy span HTS in die eindstryd met 23-3...

1980

Voorspelers van HTS word verras Deur WIMPIE RUST DIE gesogte Klopperbeker gaan vir die eerste keer in sy bestaan vir 'n jaar lank op Gobabis pryk! Die...

1981

Jan Möhr doen dit toe sowaar! Klop Academia in taai stryd 10-4 Deur WIMPIE RUST JAN MÖHR het Saterdag op die Suidwes-Stadion daarin geslaag om in sy 20ste bestaansjaar...

1982

Klopper weer by WHS ACADEMIA-drome dat hy die Klopper-beker kan wen na sy blink vertoning in die halfeindstryd teen P.K. de Villiers van Keetmanshoop het Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion...

1983

Daar's koek in die hoek! Deur Des Erasmus DIT was so byna soos in die dae van die "diggings". Die vinnigste man in die bondel het elke keer die...

1984

HTS looi Möhre IN een van die beste eindstryde om die Danlou-Klopperbeker die afgelope paar jaar, het die Hoër Tegniese Skool (HTS) Saterdag dié gesogte beker vir die derde...

1985

Rugby uit boonste rakke Van Des Erasmus in die Suidwes-stadion HARTSEER te midde van sulke skitterende rugby was Saterdagmiddag van die teenstrydige bestanddele in ’n sportfees waarin die eerste rugbyspan...

1986

WHS weer bo DIE Hoërskool Windhoek se senterpaar, Willem Tromp en Heinrich Lubbe, het gistermiddag in die Suidwes-stadion die Hoërskool Grootfontein se aansprake op die Klopper-beker platgedruk toe WHS taamlik...

1987

Klopper bly by WHS WHS het Saterdag sy baasskap in Suidwes se skolerugby onteenseglik herbewys met sy skitterende oorwinning van 19-6 oor Mariental in die Klopperbeker-eindstryd. Mariental, wat vanjaar vir...

1988

Klopperbeker vir Etosha DIE Hoërskool Etosha het gister in die Suidwes-stadion die Swabank-Klopperbeker gebuit toe hy die span van Academia in die eindstryd met 9 - 3 geklop...

1989

Klopperbeker na Academia DIE Hoërskool Academia se eerste rugbyspan het gister geskiedenis gemaak deur die Klopperbeker vir die eerste keer te wen. Hy het die Hoërskool Grootfontein in die...

1990

Skole deel beker DIE HoërsKool Windhoek kon nie gister daarin slaag om die begeesterde Grootfontein-rugbyspan in die eindstryd van die Klopperbeker in die Suidwes-stadion te klop nie. Die twee...

1991

Academia wen beker Deur Gert Kruger DIE rugbyspan van die Hoërskool Academia het Saterdagmiddag in die Suidwes-stadion in Windhoek die trotse houer van die Klopperbeker vir skolerugby geword...

1992

Grootfontein skitter, DIE o.19A-rugbyspan van die Hoërskool Grootfontein het gister in die Nasionale Rugbystadion met vonkelende speI vir Mariental in die eindstryd met 49 - 12 geklop. Dit was...

1993

HTS is skole-kampioen DIE rugbyspan van HTS het gister in die Nasionale Rugbystadion die trotse houer van Metropolitan se Raadskild geword toe hy Academia in die skole-eindstryd met...

1994

HTS beklink skole-eindstryd DIE rugbyspan van XerographIcs Hoër Tegniese Skool het gister in dle Nasionale Rugbystadion vir Auas Delta Windhoek Hoërskool in Metropolitan se o.19A-eindstryd met 17 -...

1995

WHS na agt jaar weer kampioen DIT het hulle agt jaar gevat om daar te kom, maar soos WHS gister die eindstryd om die Metropolitan-Superliga teen HTS...

1996

WHS steeds skole se rugbykampioen Deur Andrew Poolman Die onder 19-rugbyspan van Auas Delta Windhoek Hoërskool is die 1996 Metropolitan Raadsbeker Superligakampioen. Hy het Market Motors Academia I...

1997

WHS vaar beste in skole-eindstryde METROPOLITAN Life se Raadsbeker-eindstryde het gister in Windhoek plaasgevind met twaalf rugbyspanne van Namibiese hoërskole wat in hul onderskeie ligas meegedIng het. Dit was...

1998

HTS onttroon WHS Die eerste rugbyspan van die Hoër Tegniese Skool het Saterdag in die Nasionale Rugbystadion vir Windhoek Hoërskool na drie jaar as Metropolitan se o.19-Superligakampioen onttroon....

1999

WHS wen Superliga Andrew Poolman DIE Superliga-rugbytrofee van Metropolitan is Saterdag vir die laaste keer dié millennium by Windhoek Hoërskool staangemaak. Samsung WHS het die Hoër Tegniese Skool met 10...

2000

WHS wen vyf uit sesAndrew Poolman WINDHOEK Hoërskool se eerste rugbyspan het Saterdag in die Nasionale Rugbystadion sy vyfde titel in ses jaar om die Metropolitan Raadstrofee ingepalm....

2001

WHS bo, maar hoede af vir Mariental-rugby Andrew Poolman DlE Hoërskool Mariental het Saterdag die boodskap hard en duidelik aan die ander rugbyskole gestuur: Windhoek Hoërskool is nie...

2002

Walvisbaai kraai koning Skolerugbytrofee kus toe ná 28 jaar.Andrew Poolman MET vyf pragdrieë teen nul het die Hoërskool Walvisbaai se eerste rugbyspan Saterdag die eerste keer in 28 jaar die eindstryd...

2003

WHS weer boAndrew Poolman AS Naas Botha darem Saterdag moes sien hoe Dr. Lemmer die eindstryd van die Metropolitan onder 19-Superliga deur hul vingers laat glip het, sou hy...

2004

WHS se wenspan is van die bestes Andrew Poolman DIE eerste rugbyspan van Samsung Windhoek Hoërskool wat Saterdag die Metropolitan o.19 Superligatitel behou het, sal waarskynlik in dieselfde asem genoem...

2005

Straatslim WHS wen Andrew Poolman WINDHOEK Hoërskool se ervaring om eindstryde te wen, was Saterdag straks die deurslaggewende faktor in sy verowering van die Metropolitan o.19 Superliga, sy negende...

2006

Elnatan nuwe kampioen ná bulstryd Wiets Coetzee DIE Privaatskool Elnatan van Stampriet is Saterdag as die superligakampioen vir 2006 gekroon nadat hy vir WHS met 23-20 in die eindstryd van...

2007

WHS buit RaadsbekerWiets CoetzeeWINDHOEK Hoërskool is Saterdagaand gekroon as 2007 Metropolitan Raadsbekerwenners van die onder 19-Superliga nadat hulle die Hoër Tegniese Skool in die eindstryd op die Hage Geingob Stadion geklop...

2008

WHS is ’08 se o.19-kampioen Wiets Coetzee WINDHOEK Hoërskool is na ’n naelbytwedstryd teen HTS Saterdag op die Hage Geingob-stadion as die o-19 Metropolitan Superliga-kampioen vir 2008 bekroon. Dit was ’n eindstryd...

2009

Nog ’n Rugbytitel vir WHSBoet Matthews DAAR kan nie baie getwyfel word dat Windhoek Hoërskool steeds die Mekka van Namibiese skolerugby is ná Saterdag se vier oorwinnings in eindstryde...

2010

WHS behou die beker WHS se eerste span het 'n klinkende oorwinning van 35-13 teen Dr. Lemmer behaal nadat die spanne nog diep in die tweede helfte op 13-elk...

2011

Blou Maandag na WHS-triomfBoet Matthews DIT was 'n eindstryd van vele rekords, selfs vir die verloorspan wat sover bekend die eerste in jare was wat geen punte kon aanteken nie....

2012

Ses uit ses vir WHSBoet Matthews Dit was die seuns van Windhoek Hoërskool (WHS) wat Saterdagaand in die o.19 Metropolitan Superliga kompetisie koning gekraai het. Die blou masjien van WHS...

2013

WHS se blou masjien rol voort Andrew Poolman - “Rom rom, die Bloues kom! Al wat jy sien, is die blou masjien!” Met ’n rekordtal van sewe oorwinnings in die...

2014

Gimnasium juig oor eerste titel Andrew Poolman Die kampioenspan van 2014 het sy skoleseisoen onoorwonne afgesluit. Met sy jong reus van 'n kaptein, Johan Retief, aan die voorpunt...

2015

Superliga-trofee bly staan by Gimnasium Andrew Poolman Die eerste rugbyspan van Windhoek Gimnasium het Vrydagaand 'n hewige stryd oorleef voordat hy sy titel as 0.19 Momentum Superliga-kampioen vir 2015 behou...

2016

WHS herwin o.19 Superliga-titel Andrew Poolman Windhoek Affies se dapper vordering tot in hul geskiedkundige eerste eindstryd kon uiteinde-lik nie die groot prys inbring nie. Windhoek Hoërskool se vieringe van sy 100-jarige...

2017

Gimmies verf sosiale media rooi met oorwinning Rooi Facebook-harte het Sater-dagaand in groot getalle oor selfoon-en rekenaarskerms gevlieg toe Wind-hoek Gimnasium vir 'n derde keer die Superliga-trofee in Momentum...

2018

Een punt genoeg vir Affies se eerste Super-triomf Andrew Poolman Dit was 'n bitter belangrike deurbraak vir ons skool, het afrigter Johan Zaayman gesê nadat sy KMC/JCC Windhoek Afrikaanse...