Aanvaarding volgens sosiale media

Octavia Tsibes
Anna Oscar

Sosiale media be?nvloed die daaglikse lewens van die jeug op verskillende maniere. Afhangend van jou bepaalde standpunt kan dit ‘n positiewe ?f ‘n negatiewe effek op jou daaglikse lewe hê. Een manier waarop sosiale media ons daagliks voor hierdie positiewe of negatiewe keuse plaas is die maatstaf van liggaamlike aanvaarding.

Die jeug is baie bekommerd oor wat mense van ons dink. Hoe ons ander mense (meestal ons mede-jeugdiges) se reaksies op ons liggaame en algemene voorkoms ervaar het ‘n enorme effek op die manier wat ons oor onsself dink. Dis gevaarlik, want dit wat jy dink, dít word jy.

Met die gewildheid van sosiale media onder tieners het die druk om te voldoen aan die skoonheidstandaarde van akteurs, atlete en die nuutste Instagram-model net toegeneem. Inligting is op sosiale media nie net onmiddelik beskikbaar nie, maar só manipuleer dat ons deur ons sosiale kringe verwag word om te voldoen aan onmoontlike standaarde.

Hierdie verwagtinge lei daartoe dat jy as tiener probeer om ‘n liggaam wat deur die gemeenskap goedgekeur is, uit te beeld in plaas daarvan om jou eie liggaam te omhels!

Dit is nie net vrouens wat onder hierdie sosiale druk ly nie: hoe meer toeganklik en gewild manlike akteurs, modelle en atlete op sosiale media word, hoe meer seuns en mans is daar wat wat wil lyk soos die beelde van gespierde mans met indrukwekkende biceps en gebeitelde maagspiere wat hulle volg op Instagram of Twitter.

Mediageletterdheid beteken om te verstaan ??dat hierdie beelde onbereikbaar is - dat hulle in die eerste plek vals is. Die liggaamsverhoudings word dikwels digitaal gedokter. Die modelle wat vir die prente poseer, lyk nie eintlik soos die finale produk nie.

Jy hoef nie ‘n perfekte liggaam te hê om gemaklik in jou eie liggaam te voel nie. As ‘n individu was jy gebore om uit te staan. Jy is jou eie meersterstuk. Ons moet onsself altyd herinner dat ons onvolmaakthede eintlik perfek is. Om gelukkig te voel met die liggaam wat jy het is nie om nooit te oefen of nooit te kyk na jou eetgewoontes nie. Dit is ook nie om geen inspirasie te put uit die beelde van suksesvolle of mooi bekendes nie. Erken egter dat die modelle ook sonder grimering anders lyk as op die fotos. Vind berusting daarin, geniet jou liggaam en wees jouself!