Ambulanse vir die teerpad

Maria Eiseb
Global Fund met die samewerking van Pupkewitz Nissan het gisster(19 Okt.) aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vyf ambulanse geskenk, vir diens in vyf streke.
Volgens die verkryger by Global Fund, mnr. Jeff Alcock het hulle die tekorte van ambulanse in die streke en veral in die ver afgeleë plekke bewus. Die streke wat die ambulanse sal kry is onder meer Ohangwena, Omusati, Kunene, Otjozondjupa en Kavango Wes. Die toerusting in die ambulans bussies is van Bus builders ingerig.
Volgens die produksie voorman van Bus builders, mnr. Riaan Basson is die inrigting van die ambulanse om ? vriendelike produksie te maak en so ook om die vervaardiging te verhoog.
Me. Charity Soja verantwoordelik in die noodgevalle afdeling by die ministerie het gesê die verafgeleë dorpe met teerpaaie sal van die dienste van die ambulanse gebruik maak.
“Volgens die navorsing het ons gekyk watter dorpe verafgeleë is en of die teerpad tot by die dorp is, anders kan ons nie hierdie voertuie op die grondpad gebruik nie, het sy gesê.
Meeste van die dorpe het nie ambulanse nie, en die mense was met gewone bakkies vervoer, soms het die bakkie ook nie ? basiese noodhulp kassie gehad nie, en as iemand ernstig siek is of seergekry het, het die persoon eens nie die hospitaal gehaal nie, het sy bygevoeg.