Christo reik na mars

Mariselle Stofberg
Jo-Ané Tredoux

Christo Boshoff, ’n graad 11 student, het vroeër die jaar WAP se naam hoog gehou toe hy die wonderlike geleentheid gekry het om in Houston in Amerika ’n ruimteskool by te woon.

Die skool het op Maandag, 22 Julie 2019 afgeskop en het twee weke lank geduur. Dit het by die University of Houston, Clear Lake plaasgevind en is aangebied deur FISA (Federal Institute for Space Education), in samewerking met die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa).

Om gekies te word vir hierdie ruimteskool is ’n groot eer en vereis baie harde werk, dus het die program ’n baie streng keuringsmetode. Om aansoek te doen is daar van Boshoff vereis om ’n opstel te skryf waarin hy verduidelik waarom hy die beste kandidaat sal wees en hoekom hy graag sal wil gaan. Daarna is hy op ’n kortlys geplaas deur Young Wings Africa, die sytak wat kandidate in Afrika identifiseer vir die program. Toe is daar met hom ’n telefoniese onderhoud gevoer, deur Wida du Plessis, waarna hy gekies is as die verteenwoordiger van Namibië. Me. Wida du Plessis, die USS se amptelike verteenwoordiger in suidelike Afrika, sê die geleentheid is ’n deurbraak vir Namibië. “Dit is ’n reusemylpaal vir Namibië. Die omvang van Namibië se amptelike deelname beteken ons vlag gaan vir die eerste keer saam met die ander lande se vlae gehys word.”

In die verlede het Namibië onder Suid-Afrika deelgeneem, maar van vanjaar af het Namibië ook sy eie regmatige plek by die USS. Dit beteken Namibië kan jaarliks een leerling USS toe stuur. Dié deelname beteken ook Namibië kan nou aan die kultuurfees, wat deel van die USS is, deelneem waar Namibiese disse en eg Namibiese produkte uitgestal word.

Du Plessis sê die geleentheid is nie net vir Boshoff betekenisvol nie, maar ook vir die land. “Meeste van die leerlinge en sprekers wat die USS bywoon, het nog nooit iemand van Namibië gesien of ontmoet nie, en nou het hulle die geleentheid om meer van die land, sy kultuur, sy vlag en sy mense te leer.”

Ten spyte van die prestasie, het die harde werk toé eers begin. Daar is vir Boshoff ’n lys take deurgestuur wat hy weekliks moes voltooi tot ’n maand voor die skool se begin.

Boshoff het reeds op 19 Julie na Houston vertrek, reg vir die uitdagings wat daar vir hom sou wag. Hy, en so-ook die res van die studente, is die Maandag oggend van 22 Julie deur ’n raad kundiges in vyf spanne opgedeel. Boshoff is in die rooi span geplaas wat verantwoordelik was vir die ontwerp van ’n vervoervoertuig of “Transit Vehicle” waarmee die ruimtevaarders vanaf aarde na mars en terug sou reis. Vanaf Dinsdag is daar lesse rakende die ruimte, onder andere ruimtefisiologie, aangebied en moes die studente “mission parameters” uitlê. Die volgende week het die groepe onderskeidelik aan hulle projekte gewerk. Op die Saterdag van 3 Augustus, het hulle dit aan ’n raad kundiges in die gebied voorgelê.

Boshoff beskryf die ruimteskool as inspirerend en motiverend. “Ek voel bevoorreg en geëerd om deel van hierdie ongelooflike geleentheid te wees. Dit is alles net moontlik deur die wil van ons Hemelse Vader,”sê Boshoff.

Verder verduidelik hy dat hy die sosiale aspekte, soos die sokker wedstryde en die aande waar hulle sterre gekyk het, baie geniet het. Al die harde werk was gelukkig nie onnodig nie en Boshoff is aan die einde van die ruimteskool uitgesonder as die top student met die beste take. Hiervoor het hy ’n Amerikaanse vlag ontvang wat bo die US Capital gehang het tydens die 50 jaar herdenking van die “Apollo XI missions”.

Boshoff het ook die Toppresteerder-toekenning ontvang by die USS. Dit word gegee aan die leerling wat die beste gemiddelde akademiese prestasie behaal het vir al die take en opdragte wat vooraf en tydens die program voltooi is. “Ek het die USS baie geniet en ek het so baie geleer. Dit was een van die moeilikste goed wat ek al moes doen en ons moes baie hard werk,” het Boshoff gesê. Deskundiges het praatjies gelewer oor al die verskillende aspekte van ? sending na Mars. Leerlinge is in vyf groepe ingedeel wat elkeen op ? sekere aspek van die missie moes fokus. Daarna moes almal saamwerk en verseker die saamgevoegde aspekte is suksesvol. “Ek was in die rooi span wat die transit vehicle moes ontwerp. Ons het ook op uitstappies gegaan en onder meer die Johnson-ruimtesentrum besoek,” het Boshoff gesê.

Waar het dit begin?

Boshoff se liefde vir ruimte het reeds vanaf ? jong ouderdom wortel geskiet. “My liefde vir die ruimte is gebore uit my belangstelling in wetenskap. Hoe meer ek van biologie, wiskunde en fisika leer, hoe meer groei my belangstelling.”

Boshoff beplan om eendag medies te studeer om ander se omstandighede te help verbeter. “Ek wil nie noodwendig ’n dokter word nie, maar wil eerder mediese toerusting ontwerp wat in areas gebruik kan word, soos oorlogsones, of deur diegene in die ruimte, waar daar ’n gebrek aan tradisionele mediese toerusting is.”

Boshoff is een van baie min mense wat so ’n geleentheid kon bywoon. Hy is ’n voorbeeld vir die res van WAP se leerders van hoe harde werk altyd vrugte sal afwerp.

Harde werk en deursettingsvermoë is volgens dié Wapper die sleutel tot sukses. “Om te droom is goed, maar jy gaan moet werk as jy die droom wil bewaarheid. Niks is onmoontlik nie en hoe meer jy goed begin doen wat onmoontlik lyk, hoe meer gaan jy besef dit is wél moontlik.”

Interessante feite oor die USS

Amper 50 leerlingE van 25 lande oor die wêreld neem deel aan die USS.

Vanjaar se tema was “A Manned Mission to Mars”.

Leerlinge word in vyf groepe gedeel: geel, rooi, blou, groen en maroen. Die spanne neem teen mekaar deel in die twee weke-program.

Leerlinge ontvang leierskap van ingenieurs, wetenskaplikes en leiers in die ruimteveld.

Topics covered include:

-Physiological Effects on the Human Body in a Weightlessness Environment

-Plasma Propulsion Rocketry

-Life Support & Environmental Systems

-Psychological Factors in Long Duration Spaceflight

-Medical Care during Spaceflight

-Long Endurance Spaceflight