DIE GRAS IS GROENER BY ONS

Anneke Burger
In Mei 2016 het Pro-Ed Akademie begin gras plant vir hul rugbyvelde.
Dit het 300 ure geneem om 30 000 kubieke meter gelyk te maak. ‘n Waterkonneksie ter waarde van N$550 000 is toe aangelê. Daarna is 200 kg saad en 2500 kubieke meter riviersand ingery. Aan die begin het die proses maar redelik stadig verloop, maar toe is daar 1500 kg superfosfaat bygevoeg saam met 300 ton hoendermis, geborg deur Namib Poultry.
Verder, op die sportveld is daar 2 verspring-, 2 gewigstoot- en 2 diskusputte aangelê. In die middel van die twee rugbyvelde is daar ‘n krieketkolfblad aangebring. Die krieketnette word tans nog opgerig, maar is amper klaar. Ons krieket- en rugbyvelde voldoen aan Olimpiese standaarde.
Morné Burger, die man in beheer, sê: "Ons beoog om aantrekkamers en toilette volgende op die perseel te bou."
Ons, as die Pro-Ed gemeenskap, wil net graag dankie aan Morné Burger sê wat beheer neem oor die aanlê van die sportvelde en dan ook dankie sê aan al ons borge wat ‘n bydrae gelewer het om dit moontlik te maak.
Ons kan nie wag om ons nuwe sportvelde te geniet nie ...