Die reis van vrouwees

‘Ons moet dié ongemaklike gesprekke hê’

11 May 2021 | Youth

Meisies wêreldwyd kom daagliks voor verskeie uitdagings te staan wat ’n reuse-impak op hulle alledaagse werklikhede en toekoms het.

Meeste van dié kwessies word egter nie aangepak nie as gevolg van die stigma wat daaraan klou. Menstruasie en gesprekke oor menstruasie is een van hulle.

Met haar omvattende handleiding Ann’s Journey into Womanhood: A family approach, wat onlangs in die hoofstad bekend gestel is, beoog Hermine Bertolini om waardigheid terug aan dié meisies te gee. Deur die kleurryke illustrasies in die gids, gebruik sy die krag van stories en beelde om ’n stem aan dié maatskaplike kwessie te gee wat steeds te min aandag in Namibië geniet.

Bertolini is die stigter van Ann Pads, ’n niewinsgewende maatskappy wat in 2018 tot stand gebring is en wasbare sanitêre doekies vervaardig.

Om aandag te gee aan die gebrek aan onderrig ten opsigte van vroulike voortplantingsgesondheid, wat ook aan geslagsgelykheid gekoppel kan word, is die primêre navorsing vir die handleiding gedoen deur onderhoude, vraelyste, voorleggings en fokusgroepe.

Die vraelyste is gebaseer op kulturele, algemene en godsdienstige aspekte van menstruasie in Namibië. Die illustratiewe gids se fokus is om die resultate van dié navorsing maklik verstaanbaar te maak.

Bertolini het twee hoofaspekte geïdentifiseer wat sy wou takel: die gebrek aan sanitêre produkte en aan onderrig. Laasgenoemde was ook die rede hoekom Ann Pads op die been gebring is.

“Menstruele higiëne is een van die onderwerpe wat nie genoeg in Namibië bespreek word nie,” sê dr. Philippe Talavera, die direkteur van die Ombetja Yehinga Organisation (OYO).

Kwessies oor die vroulike menstruele siklus, menstruasie self en seks word as taboe-onderwerpe in die land beskou, sê hy.

Dit is egter ’n natuurlike, biologiese proses, en dít is die idee wat Bertolini in Ann’s Journey into Womanhood wil tuisbring.

“Dié siklus is waar lewe begin. Dit het ’n reuse-impak op die fisieke en emosionele ontwikkeling van jong meisies,” benadruk Talavera.

Bertolini is passievol hieroor, en wil graag die taboes rondom dié kwessie afbreek.

“Menstruele bloed is nié vuil bloed nie. Wanneer ’n meisie begin menstrueer, beteken dit nié sy is gereed om te trou en kinders te kry nie. En menstruasie moet nié meisies uit die skool hou nie,” word genoem as redes hoekom handleidings soos dié en gesprekke oor die onderwerp so nodig is.

“Deur ’n formaat te gebruik wat maklik is om te lees, soms humoristies is en karakters van Namibië se diverse gemeenskappe insluit, help dié grafiese gids vir almal om te verstaan wat menstruasie werklik is en hoekom wasbare sanitêre doekies nodig is. Dit breek mites en bygelowe af en vervang dit met geloofwaardige, wetenskaplike data. Dit is ’n moet-lees boek vir leerlinge, sowel as enige iemand wat met tieners werk,” skryf Talavera.

“Ons behoort die proses te vier, want dit is die rede vir ons bestaan, eerder as om verneder te voel.”

Jacob Shingenge het die illustrasies in Ann’s Journey into Womanhood: A family approach gedoen.

Foto’s:

Ann’s Journey into Womanhood: A family approach is onlangs in Windhoek bekend gestel. Foto’s verskaf

Similar News

Leadership at core

22 hours ago | People

She is passionate about mentoring and grooming young girlsEnzo Amuele Gift Dapewa Amwaalwa (26) is an aspiring young leader who believes in improving the...

Education ministry talks AS level in schools

22 hours ago | Education

Elizabeth Joseph On Monday, 14 June, education minister Anna Nghipondoka said for all the schools to successfully implement the AS level as part of...

Photo of the week

22 hours ago | Education

CAPTION: Amid the closure of schools and the announcement of the winter holiday, we are reminded about the educational booklets that help learners remain active...

Education ministry introduces winter holiday

22 hours ago | Education

Octavia Tsibes Learning and teaching has significantly been interrupted by the raising Covid-19 cases in schools. The education ministry announced that pre-primary to...

These items will be distributed to over 23 schools...

22 hours ago | Education

Michelline NawatisesPull quote: “NamPower has spent over N$48 million towards corporate social investment (CSI), with the education sector having received the biggest share of its...

Star Teacher of the Week

22 hours ago | Education

Vanessa Hartung When and where did your teaching profession start?I started teaching in 2011. My teaching career started at Delta Secondary School Windhoek. ...

Want to study at Stellenbosch University?

22 hours ago | Education

Desiree Gases The high school careers of many learners will soon come to an end. Many are about to be faced with indecisiveness about...

Namibia: A forever home

22 hours ago | Education

Jeanette Diergaardt On 20 June, the world commemorates World Refugee Day. The theme for 2021 focuses on the power of inclusion, especially during the...

Mental well-being suits us all

4 days ago - 18 June 2021 | People

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Latest News

Education ministry talks AS level...

22 hours ago | Education

Elizabeth Joseph On Monday, 14 June, education minister Anna Nghipondoka said for all the schools to successfully implement the AS level as part of...

by Michelline Nawatises

Photo of the week

22 hours ago | Education

CAPTION: Amid the closure of schools and the announcement of the winter holiday, we are reminded about the educational booklets that help learners remain active...

by Michelline Nawatises

This week, My Zone set...

22 hours ago | Opinion

Mia Botha It’s definitely self-discipline and the ability to adapt to any situation at hand. You’ll have to be able to focus on what...

by Michelline Nawatises

Education ministry introduces winter holiday

22 hours ago | Education

Octavia Tsibes Learning and teaching has significantly been interrupted by the raising Covid-19 cases in schools. The education ministry announced that pre-primary to...

by Michelline Nawatises

Tennis

22 hours ago | Sports

Namibia under 16 tennis players travelled to El Soleymaniah in Egypt for the African Junior Team Championships. Dian Caritz, Sarel Janse van Rensburg, Stephan Koen...

by Michelline Nawatises

These items will be distributed...

22 hours ago | Education

Michelline NawatisesPull quote: “NamPower has spent over N$48 million towards corporate social investment (CSI), with the education sector having received the biggest share of its...

by Michelline Nawatises

Star Teacher of the Week

22 hours ago | Education

Vanessa Hartung When and where did your teaching profession start?I started teaching in 2011. My teaching career started at Delta Secondary School Windhoek. ...

by Michelline Nawatises

Want to study at Stellenbosch...

Load More