Die uurglas is vol glitter waar Dr. Lemmer skitter

Vrydag, 30 Junie, het Hoërskool Dr. Lemmer die maand met 'n fantastiese geleentheid afgesluit; die semifinale van Mnr. en Mej. Lemmer.
Die beoordeelaars het ’n moeilikste take op hande gehad om uit die 35 beeldskone en aantreklike deelnemers nét 20 finaliste te kies.
'n Voormalige Mnr Lemmer 2007 en Senior, Kirk Olivier was een van die drie beoordeelaars vir die aand.
Jossie van Wyk, een van Rehoboth se bekendste prokureurs en besigheidsvrou, was ook deel van die span beoordeelaars.
Sy is bewyse dat intelligensie en aantreklikheid vir een mens moontlik is en dat 'n mens se beste wapen tot sukses, kennis is.
Dit is net van pas dat Svet-Roann Loubser, 'n fiksheidsafrigter en model, deel sou wees van die beoordeelaarspan. Kirk Olivier, het gesê: “Die aand was interessant met die buitengewone tema 'Winter in Parys'. Die dekor en kleredrag van die leerlinge het uitstekend daarby gepas. Die deelnemers het met selfvertroue huleself voorgestel en dit was ‘n moeilike taak om die beste van die beste te onderskei.”
Die seremoniemeesters was Naomi Scoltz, hoofmeisie van Dr. Lemmer 2014 en Ruan de Waldt wie landwyd bekend is vir sy talent om te kan dans.
Keanu Greeves, die merkwaardige danser het die gehoor ook vermaak. Hy staan bekend as die moderne Micheal Jackson. Ruan het ook die gehoor betower met sy indrukwekkende choreografie.
Albei hierdie vermaaklikheidskunstenaars is oud leerlinge van hoërskool Dr. Lemmer.
Nie te min, die kollig was op niemand anders as die 35 deelnemers, wie ondanks tegniese probleme, die verhoog hulle eie gemaak het en die beoordeelaars betower het.
Die meisies het asemrowend gelyk in hul rokke en die seuns het die meisies in die gehoor, se knieë behoorlik lam gemaak met hul sjarme.
Die aand het sy hoogtepunt bereik toe die 20 finaliste aangekondig is.
Die atmosfeer was belaai met spanning soos elk van die deelnemers in angs gewag het dat hul nommers geroep word.
“Terwyl die nommers van die deelnemers wie wel deel was van die top tien meisies afgekondig was, het dit vir my gevoel ek sal dit nie sou maak nie, toe my nommer genoem is, het ek eers gewonder of dit regtig nommer 22 was.
Ek was verbaas, geskok en opgewonde, terselftertyd,” het Kaylin Benade, een van die deelneemers en so ook een van die tien finaliste, gesê.
Maandagoggend het Richard Strauss, een van die Mnr. en Mej. Lemmer komitteelede bevestig dat niemand anders as die welbekende akteur, Danny Ross, beter bekend as ‘Jerome’ van Suidooster, by die finale geleentheid die seremoniemeester sal wees! Só! As jy vir Jerome wil sien beveel ons jou aan om seker te maak dat jy op 22 Julie by Hoërskool Dr.Lemmer is!