Die wêreld het die jeug nodig

Octavia Tsibes
SANDRA MUEKULIA



Die jeug word dikwels gekenmerk deur kreatiwiteit, energie en vreesloosheid. In vandag se wêreld is dit eienskappe wat broodnodig is in alle leierskapsposisies. Jong mense moet die wêreld verander. Regoor die wêreld is daar byvoorbeeld onderontwikkelde gebiede wat al eeue sukkel met hulpbronne en die bestuur daarvan. Ons as die jeug het nuwe lewendige ideës en aksies nodig om te bewys dat ons jong mense in staat is om 'n nuwe wêreld te skep.

‘n Passievolle verbeelding en die vermoë om nuwe oplossings tot ou probleme te bedink is vir die jeug baie natuurlik en organies. Die jeug het egter ook uitdagings wanneer dit kom by leierskap. Die wêreld het die jeug nodig om meer samehangende gesprekke te voer en al ons hulpbronne in te span om ons potensiaal te bereik.

Vir hierdie ontwikkeling om plaas te vind moet die jeug egter meer ervaring opdoen en dit is jammer dat die jeug nie blootgestel word soos dit behoort te wees nie. Daarom is dit belangrik om ons jeug te koester en hulle die nodige materiaal en hulpbronne te verskaf om die regte fondament te lê.

Die kultuur van oor en oor dieselfde dinge doen, moet uitsterf en die toekomstige jong leiers kan 'n nuwe vlak van denke bring oor die probleme wat ons tans ervaar.

Ons is die toekomstige leiers van ons land en daarom moet ons in ons land belê. Ons land het self etlike uitdagings. Daar is byvoorbeeld studente wat suksesvol afgestudeer het, maar hul grade gaar stof op by die huis as gevolg van die feit dat daar geen werksgeleenthede beskikbaar is nie.

Die hele bevolking van Namibië moet verstaan ??dat die jeug ook hulle ondersteuning nodig het. Die kanse is min dat die jeug al hulle drome gaan bewaarheid sonder die ondersteuning van die volk self. Om ons land te verbeter, moet ons die huidige probleme identifiseer wat ons in die gesig staar, en met begin hulle werk en deurentyd geduldig wees, want stadige vordering is steeds vordering.

Ons as die jeug moet onsself blootstel om in die openbare sfeer gesien te sien word en geleenthede aan te gryp. Ons moet geleenthede skep en bywoon wat selfbewustheid en selfverstaan bevorder. Hoe beter ons onsself verstaan , hoe beter kan ons ons land dien.



*Sandra is lief vir die buitelug en om nuwe mense te ontmoet.