Edugate Academy en Agra hou veiling

Jan-Hendrik Potgieter

Edugate is in weer rep en roer met fondsinsameling aktiwiteite na die ergste inperkings gelig is. Onder andere het Edugate saam met Agra Auctioneers ’n grootvee, kleinvee en ’n losgoed veiling op 1 Oktober Otjiwarongo by die Agra krale aangebied.

Die skool wil dankie sê aan al die boere wat beeste, bokke en skape van heinde en verre af na die veiling toe gebring het.

Daar was op dié dag 1030 beeste, 234 bokke, 422 skape, vier donkies en perde te sien. Die skool is ook dankbaar vir items wat vir die losgoed veiling gebring is. Daar was oor die 400 lotte wat insluit meubels, yskaste, son pompe, enjins en vele meer ingesluit het.

DIS Engineering, Voermeester, Cornwall Wild Safaris, Du Preez wild, Elite Biltong, Theo Spar, Fabupharm se donasies het ook ’n groot verskil vir die skool gemaak. Die skool is ook dankbaar vir Daleen Swanepoel vir ’n skaapram, JJ Bredenhann vir bees, Jaco Liebenberg vir ’n bul en Super Game vir ’n sable bul.

Van Edugate se kant af wil die skool ook net dankie sê, want op 1 Oktober was daar verskriklik baie ondersteuning op die dag en die mense was volop by die veiling. Die veeboere het goeie geld gekry vir hulle diere en die losgoed het ook goed gedoen.

Die grootste dankie gaan aan Agra Auctioneers en almal betrokke om hierdie dag moontlik te maak. Henno Badenhorst, Ferdie Kuhn, Reinhard Steynberg en Simone Smit. Soos gewoonlik was die veiling uitstekend beplan en uitgevoer deur Agra se personeel en die diere was goed behandel. Edugate het ’n groot deel van die kommissie gekry en is dankbaar vir almal se insette tot dié dag.

In die moeilike tyd van Covid-19 wil die skoool net vir die Here en al die mense wat bydraes gelewer het om die las ligter te maak, baie dankie sê. Agra Auctioneers en Agra Otjiwarongo het voorwaar ’n ongelooflike verskil gemaak.