Fees van tennis

Jong spelers beïndruk by Sanlam Junior Tennis-toernooi
JUSTISIA SHIPENA
Mariselle Stofberg

Die Sanlam Junior Tennis-toernooi, aangebied deur die Namibiese Tennisvereniging (NTV), het die afgelope naweek weer aan jong spelers die geleentheid gebied om hul talente ten toon te stel.

Met ongeveer 95 inskrywings, 22 bane, vier venues en meer as 200 wedstryde was dit ‘n naweek waar tennis behoorlik geseëvier het.

Die voorsitter van die junior tenniskomitee van die NTV, me. Santie van der Walt, was beïndruk met die vordering wat in dié sport gemaak is.

“Dit is ongelooflik om te sien hoe die sport in net die afgelope twee weke alleen gegroei het. Met ander skoolsporte wat nie kon voortgaan nie, kon kinders spesifiek op tennis fokus, en die gehalte van die spel is ongelooflik,” sê Van der Walt.

Seuns en meisies vanaf o.10 tot o.18 kon deelneem, met ’n spesiale toernooi wat aangebied is vir spelers jonger as agt.

“Tennis is een van die gelukkige sportsoorte wat kon voortgaan in hierdie tyd, terwyl ander sportsoorte weens Covid-19-regulasies nie kon voortgaan nie. Ons is opgewonde vir die toekoms van die sport en spelers,” sê Van der Walt.

“Dit is so lekker om weer terug te wees en tennis te kan speel. Sport help ons om gesond te bly, wat veral belangrik is in hierdie tyd, so dit is so lekker om weer te kan speel en aan wedstryde te mag deelneem,” sê Johannes Swartz, een van die spelers wat die naweek deelgeneem het.

“Ons is ongelooflik dankbaar vir Sanlam se getroue bydrae die afgelope agt jaar. Junior tennis het so baie gegroei, en ten spyte van die moeilike tye wat die sport ervaar het in die verlede, het Sanlam getrou betrokke gebly en gehelp om aan die toekoms van die sport te bou,” het Van der Walt gesê.

Uitslae

o.10 Seuns

Enkels

Eerste: Luan Brand

Tweede: Samuel Lagvardi

Derde: Divan Engelbrecht

Dubbels

Eerste: De Wit Bergh en Luan Brand

Tweede: Markus Van Heerden en Divan Engelbrecht

o.10 Meisies

Enkels

Eerste: Ottilie Hinda

Tweede: Linda Alemu

Derde: Emma Brinkmann

Dubbels

Eerste: Linda Alemu en Emma Brinkmann

Tweede: Ottilie Hinda en Elrica Nakusera

o.12 Seuns

Enkels

Eerste: Ruben Yssel

Tweede: Eduan Schollij

Derde: Lian Kuhn

Dubbels

Eerste: Ruben Yssel en Abraham Alemu

Tweede: Brian Edwards en Lian Kuhn

o.12 Meisies

Enkels

Eerste: Santie jr. Van Der Walt

Tweede: Mari Van Schalkwyk

Derde: Ayanda Basson

Dubbels

Eerste: Joanivia Bezuidenhout en Ayanda Basson

Tweede: Lila Kidd en Mari Van Schalkwyk

o.14 Seuns

Enkels

Eerste: Adam Diggle

Tweede: Oliver Leicher

Derde: Israel Dowi

Dubbels

Eerste: Joel Hiveluah en Israel Dowi

Tweede: Djamil Amamub en Emmanuel van Zyl

o.14 Meisies

Enkels

Eerste: Karla Terblanche

Tweede: Odycia Karaerua

Derde: Riamarie Visagie

Dubbels

Eerste: Odycia Karaerua en Leandre Louw

Tweede: Karla Terblanche en Riamarie Visagie

o.16 Meisies

Enkels

Eerste: Raica Coelho

Tweede: Hendrina Apollus

Derde: Elze Stears

Dubbels

Eerste: Dominique Theron en Raica Coelho

Tweede: Hayley Kidd en Elze Stears

o.18 Seuns

Enkels

Eerste: Johannes Swart

Tweede: George Louw

Derde: Daneel van der Walt

Dubbels

Eerste: Albertus Brinkman en Johannes Swart

Twede: Adam Diggle en Sarel Janse van Rensburg

o.18 Meisies

Enkels

Eerste: Lisa Yssel

Tweede: Megan Lombardt