Gimtasties!

Tsumeb Gimnasium is in rep en roer oor die 2020 Securitas Privaatskole Sportnaweek wat beloof om een vir die boeke te wees.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg

Die gasheer van die Securitas Privaatskole Sportnaweek (PSN) 2020 is Tsumeb Gimnasium en die reëlings is getref vir dié jaarlikse hoogtepunt.

“Volgende jaar gaan nie net fantasties wees nie, maar gimtasties.

“Tsumeb Gimnasium is gereed om groot te gaan volgende jaar. Ons het ons eie sportterrein wat ons reeds verlede jaar begin voorberei het. Ons wil hê almal moet reeds van dag een af alles hê wat hulle nodig het om ’n naweek vir die boeke te verseker,” het mnr. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Tsumeb Gimnasium, gesê.

Die organiseerders het besluit op ’n plaastema vir die naweek en die logo is spesiaal deur ? graad 4-leerling van Tsumeb Gimnasium ontwerp. Alle leerlinge kon deelneem aan die ontwerpkompetisie. Die skool gaan ook deurgaans omgewingsvriendelike verpakking vir alle produkte gebruik.

Kaartjies

Tydens die geleentheid sal van die Howler-sisteem gebruik gemaak word om finansiële risiko’s op die terrein te verminder.

Toeskouers koop ? kaartjie of armband waarop kontant gelaai word. By die stalletjies word dit geskandeer om te betaal. Wanneer die geld op die kaart of armband opraak, kan die toeskouer dit weer by die Howler-stalletjie op die terrein herlaai.

Kampering

Kampeerplekke is beskikbaar op die gholfbaan, die pragtige lowergroen grasperke reg langs die sportterrein. I Dream Africa sal die kampeerplekke hanteer en kan direk by julessmit70@gmail.com gekontak word.

Logistieke reëlings

Daar sal deurgaans padaanwysers in die dorp wees om die verkeer tot by die sportterrein te reguleer. Tsumeb Gimnasium se Gimnoster-gelukbringer sal besoekers bystaan en inligting verskaf waar nodig.

Inskrywings en kommunikasie

Skole se inskrywings gaan elektronies op die Tsumeb Gimnasium- webtuiste gedoen word. Hulle sal vooraf ? USB-stokkie ontvang met alle inligting en kaarte wat hulle sal nodig hê.

Volgende jaar sal die skole se gelukbringers ? groot rol tydens die byeenkoms speel.

Niehaus, wat ook die uitvoerende hoof van die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) is, het bevestig die kaskarwedren word weer volgende jaar gehou, maar met ? unieke twist.

Wat volgende jaar se geleentheid ook anders gaan maak, is die samestelling van Napso-spanne.

Op Dinsdag 26 Mei 2020 word die Napso-proewe gehou vir hokkie-,

rugby- en netbalspanne in verskeie ouderdomsgroepe. Die Napso-spanne word dan gekies en verwerf Napso-klere. Leerlinge wat deel is van hierdie spanne gaan in 2020 op sporttoere.

By die Pette-geleentheid op die Dinsdagaand word die afrigters en spanbestuurders van elke span aangewys.

Fasiliteite

’n Uitstekende mediese sentrum sal beskikbaar wees met biokinetici wat in hokkie, rugby en netbal spesialiseer.

Daar sal ook ? sentrum wees waar kinders vanaf drie jaar tot voorskoolse ouderdom teen betaling opgepas kan word. Onderwyseresse sal toesig hou.

Springkastele en speelhoekies is vir alle kinders beskikbaar.

Liplekker kos en ander lekkernye sal die hele naweek by die groot Kospark, Plaaskombuis, restaurant en snoepies bedien word.

Skole sal vooraf kospakkies vir aandete bestaande uit onder meer ’n groot schnitzel en skyfies, of tjops, wors, slaai en ‘n broodrolletjie kan bestel teen N$35. Dit is slegs vir deelnemers en personeel beskikbaar.

Niehaus het vanjaar se gasheer van die Securitas PSN-week, The Dolphin Schools, geprys vir ’n uitstekende naweek.

Hy moedig elke ouer, onderwyser, leerling en individu aan om deel te wees van dié onvergeetlike geleentheid.

“Kry solank die steakmesse reg, want volgende jaar gaan ons steak eet en behoorlik feesvier,” het Niehaus gesê.