Goethe-Institut erken môre se digters

Gabby Tjiroze
Michelline Nawatises



Die Goethe-Institut het op 7 Augustus 'n poësie-geleentheid aangebied.

Dié geleentheid is in samewer­king met Township Productions moontlik gemaak.

Dit staan bekend as Sessie 4 en die tema is The Cradle of Sense.

Dít behels die wedergeboorte van logika en moraliteit.

Sessie 4 is deel van die tweemaandelikse poësieprojek wat daarop gemik is om Namibië se jong, aspirantdigters die geleentheid te gee om hul nuutste werk aan te bied en om hul idees met gevestigde digters te deel.

Sessie 4 sal die gees van omgee in moderne gemeenskappe uitlig.

Sosiale media en tegnologie veroorsaak dikwels dat mense in die samelewing geïsoleerd raak.

Helen Vale, een van Namibië se bekende digters, sê ons definieer onsself as pan-Afrikaniste wat identiteite, sedes en geestelikheid nastreef.

Sy moedig jong digters aan om met hul goeie werk voort te gaan.

“Ek is trots op almal en dankbaar vir hierdie goeie projek,” het sy gesê.

Meer as vyf digters het die sessie bygewoon en nóg 'n sessie gaan in Oktober vanjaar aangebied word.

Hier volg Michael Dausab se gedig:



Water Aqua



The beauty of water

Just the sparkle of water

You touch that splash

It is invisible



You jump in it triples

The returns liquid

Water is wonderful

You are water flaws



You release water in your body

It can also destroy

It is a gift from God

Water can do community



Water can make you feel excited

It can also cool you down

The clouds, create rain, water

Water the impossible liquid