Graad 5’e skryf met penne

JUSTISIA SHIPENA
Jippie, uiteindelik! Dit is ‘n lang tradisie by ons skool dat die graad 5’e in die tweede trimester met pen mag begin skryf.

Hierdie jaar het ons egter die tydperk verleng en hulle aan ‘n lyntjie gehou oor wanneer hul hierdie voorreg sal kry. Die skool het vir elkeen in die klas ‘n blou pen aangekoop en vir die gepaste geleentheid gewag. Al die onderwysers het dit goed gedink om hulle op die laaste dag van hul eksamen met dié voorreg te verras! Hul verbasing en blydskap was opreg en só het hul dan hul laaste vraestel in pen voltooi!

Ons wens hul ‘n aangename derde trimester toe!