Helderder jeug

Michelline Nawatises
Darryl Neumann



Vrede en stabiliteit, goeie bestuursdemokrasie en menseregte was 'n dryfkrag om die jeug die vertroue van 'n blink toekoms te gee. Namibië is een van die mees vreedsame lande na onafhanklikheid wat 26 jaar gelede was.

Ons leef in die 21ste eeu en tye het verander. Ek sien voortdurend die geskiedenis wat dit self herhaal in ons huise, gemeenskap en land. Die vraag wat ons moet vra is hoe kan ons, ons misleide jeug in 'n gevoel van hoop lei?

Statistiek toon dat ongeveer 2,500 tieners tussen die ouderdom van 15-19 jaar swanger is in Namibië en meer as 22 000 leerlinge in die skool. Misdaad, geweld, dwelmmisbruik dra ook by tot die ondergang in ons jeug. Navorsing toon dat die jeug meer plesierig is oor geld, en nie verder dink hoe hulle Namibië kan verbeter nie. Vandag se jeug is meer ingestel op ? vryer leefstyl wat gefokus is op genot bo enigiets anders.

Na my mening glo ek dat die probleem met ons misleide jeug in ons huis en gemeenskap waarin ons woon begin. Ek voel asof jongmense nie genoeg geïnspireer is om buite die horison te kyk nie en dat hulle nie 'n stabiele grondslag het waarin hulle kan hul sukses opbou.

Opvoeders en ouers het die vermoë om jongmense se perspektief te verander deur hulle te motiveer en inspireer. Daar kan hoop vir die jeug in Namibië wees as ons as Namibiese burgers die eerste stap sal neem om die jeug in die regte rigting te rig.

Dit sal 'n goeie voorbeeld wees, nie net vir die jeug van die land nie, maar ook vir ander Afrika-lande. Die vreedsame aard van die land sal toeriste aantrek en ook buitelandse beleggings wat die Namibiese ekonomie plaas.

Dit skep 'n goeie grondslag vir die toekoms, wat is “ons die jeug”. Die land se jeug is geseënd met leiers wat nie net vir onafhanklikheid tydens die bevrydingsstryd geveg het nie, maar het integriteit en goeie leierskap getoon deur die land te lei tot waar dit tans is en dit is eienskappe waarmee die jeug kennis moet neem.

Vir 'n gemiddelde Namibiese jeug dink ek dat daar nog hoop vir ons in die toekoms in ons land wat nog ontwikkel.



*Darryl Neumann is 'n ambisieuse jong man wat altyd sy uiterste bes probeer om te streef na sukses. Hy is 'n groot aanhanger van Manchester United en is tans 'n eerstejaar NUST student.