Hokkie sprei hul vlerke internasionaal

Mariselle Stofberg
Christo Boshoff

Tara-Marie Myburg en Richter van Rooyen was beide gekies om deel te wees van die nasionale hokkie spanne wat die jaar internasionaal gekompeteer het.

Myburg het tussen 15 en 28 Junie vir WAP verteenwoordig in die vroue hokkiespan wat die jaar getoer het na Spanje in ’n poging om te kwalifiseer vir die 2020 Tokio Olimpiese spele. Die vroue hokkiespan het laas jaar ’n toernooi in Zimbabwe gewen, wat hul laat kwalifiseer het vir die toernooi in Spanje en indien hulle in die toernooi eerste of tweede geëindig het, sou hul volgende jaar die spele in Tokio bywoon.

Die span wat na Spanje toe gestuur was, was ’n jong span en dus was die blootstelling baie belangrik vir die spelers. Myburg stel dat hulle baie hard gewerk het tot voorbereiding van die toernooi en dat selfs tydens die toernooi, sy huiswerk moes voltooi om nie agter te raak met skool nie. Sy sê ook dat alhoewel hulle nie in die top twee geëindig het nie, is hulle baie tevrede met hul spel. “Ons het baie ervaring opgedoen en kon dit weer terug plant in ons nasionale hokkie.” sê sy, “Dit het my geleer dat maak nie saak hoe swaar dit gaan nie, jy jou kop moet hooghou en aanhou.”

Richter van Rooyen was ook deel van die nasionale mans hokkiespan wat die jaar in Stellenbosch aan die African Cup of Nations (AFCON) deel geneem het. Van Rooyen het doelwagter gespeel en was ook die jongste persoon in die span. Hy sê dat as jongste, was hy ’n bietjie bang, maar hy was baie tevrede met sy spel en verbaas oor die hoeveelheid speeltyd wat hy ontvang het. Die span was van 8 tot 29 September in Stellenbosch en het tussen die 8ste en 12de (die dag wat die toernooi begin het) tyd gehad om te klimatiseer, oefen en opwarming wedstryde te speel.

Die hokkiespan het oor die algemeen goed gevaar tydens die toernooi, alhoewel hulle graag beter sou wou presteer. Een van hul trotste oomblikke, was hul skramme nederlaag teen Suid-Afrika met ’n telling van 3-1, die beste telling ooit in Namibiese geskiedenis, waar hul steeds teen halftyd 0-0 gelykop was. Na die toernooi het Namibië ook met agt plekke in die wêreldranglys op beweeg. Van Rooyen sê dat met meer sulke toere, Namibiese hokkie ’n groot toekoms het, veral met al die jong ouens wat nou in beweeg.