Idees wat vlerke kry

Die African Pathfinder Leaders Initiative (APLI) is gereed om ‘n nuwe generasie van inloedryke jongmense te kweek.
JUSTISIA SHIPENA
Justicia Shipena

Hul gemeenskapsopleiding vir die jaar het amptelik op 15 Januarie, by die Katutura-jeugsentrum, afgeskop. Dié jaar het APLI ‘n totaal van vyftien lede gewerf.

Die APLI-gemeenskapsprogram bied toegang tot uitgebreide opleiding deur die volgende drie hoofaspekte te integreer: leierskapsontwikkeling, geemeenskapsontwikkeling en entrepreneurskap. Die opleiding word deur plaaslike- en internasionale kenners in die bogenoemde gebiede aangebied.

Volgens mnr. Sem Uutoni, die stigter van die APLI, wil hulle entrepreneurs en jong leiers regoor Namibië kweek. Die span poog om leierskapsopleiding te bied wat die jeug sal toerus met die nodige persoonlike- en professionele vaardighede en –kennis om ‘n sosiale impak te maak.

APLI wil ook gereedskap aan jongmense bied om aktief by te dra tot sosio-ekenomiese ontwikkeling in hul gemeenskappe.

Die program word grotendeels aangebied vir mense tussen 18- en 25 jaar, en bestaan uit vierdaagse inwoonkursusse deur die jaar.

Me. Emma Kantema-Gaomas, die jeugminister se uitvoerende direkteur, het by die openingseremonie gesê dit is van uiterse belang vir jeugbemagtiging, om allerdaagse toegang tot hulpbronne en geleenthede aan te spreek.

“Werkloosheid onder jongmense in Namibië word tans teen 46,1% geskat.”

Volgens Kantema-Gaomas spruit APLI se pogings om innoveerders en jong leiers in diverse velde regoor Namibië te kweek uit die tekort aan vaardighede, hulpbronne en netwerke wat jongmense nodig het om hul doelwitte te bereik en om by te dra tot gemeenskapsgroei.

“Dit is noodsaaklik om geleenthede te skep wat die strewe na die gees van Ubumtu sowel as Pan-Afrikanisme, in organisasies onder jeugleiding, aanwakker.”

Sy het verder bygevoeg dat die jeugministerie, saam met ander belanghebbendes, onlangs die derde hersiening van die Nasionale Jeugbeleid voltooi het. Dít sal die proses van jeugontwikkeling deur intervensieprogramme kataliseer.

“Geleenthede soos die 121 jeug-kiesafdelings fasiliteer ondernemings op kiesafdelingsvlak,” het sy gesê.

Mnr. Walter Parrs, ‘n verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade, het sy ervaringe gedeel en deelnemers aangemoedig om iets te doen waarin hulle kan floreer.

Een van die APLI-deelnemers, me. Ainley Amunyela, het gesê sy wil haar vaardighede verskerp en dít gebruik om die mense rondom haar se lewens te verbeter.