Jaarlikse Entrepreneurs- en pretdag

ELIZABETH JOSEPH
deur Esmari Borman en Jade Engela

Pro-ed Akademie het op Entrepreneursdag weer ’n indrukwekkende vertoning van hul entrepreneursvaardighede aangebied!

Die jaarlikse Entrepreneurs- en Pretdag het Vrydag, die 20ste September 2019 op Pro-Ed terrein plaasgevind. Die dag het amptelik agtuur die oggend afgeskop. Die leerders het hulle stalletjies al vanaf sewe-uur die oggend begin opslaan en het halfagt begin verkoop. Daar was ’n magdom stalletjies en ’n goeie opkoms van leerlinge en ouers. Die spanne het agtuur die oggend hul eerste spel begin speel.

Daar was ’n verskeidenheid van sportsoorte wat netbal, toutrek, sokker en vlugbal ingesluit het. Die leerders van die ho?r-en laerskool was opgedeel in hulle klasgroepe en elke graad het in ’n ander kleur deelgeneem. Die ho?r-en laerskool onderwysers was in verskillende spanne ingedeel. Die leerders het die geleentheid gekry om ook teen die onderwysers te kompeteer wat nie elke dag gebeur nie. Gedurende die loop van die dag het die verskillende spanne teen mekaar gespeel en vriendskaplike kompetisie opgebou. Dit was ’n geleentheid vir leerders en vir onderwysers om uit hul gemaksone te klim en nuwe dinge te ervaar.

Die laer- en ho?rskool leerders het die geleentheid gekry om hulle kreatiwiteit uit te beeld en te wys daartoe hulle instaat is. Daar was ongeveer 67 stalletjies tussen die ho?r-en laerskool leerders. Daar was ’n verskeidenheid kosstalletjies wat van worsbroodjies tot vetkoek verkoop het. Die kwyl het by die monde van die kinders uitgeloop oor al die lekker soetgoed wat daar was. Daar was kolwyntjies, jellielekkers, kondensmelkspuite en soveel meer. Die verskeidenheid drinkgoed wat daar was, was melkskommel, gaskoeldrank met tietiebottels, ystee, lemonade, verskillende mengeldrankies ens. Leerders het dit goed gedink om speletjies te hê wat die mense, veral die kinders, vermaak het. Daar was speletjies soos motorfietsry, vissievang, kettieskiet, kussinggevegte, ’n spookhuis en nog vele ander speletjies.

Die Dierebeskermingsvereninging was ook deel van ons Entrepreneursdag gewees waar die leerders met die honde geloop het en die ouers en onderwysers kon donasies vir die DBV maak. ’n Graad 11-leerling, Amber Engela, het uitgehelp met die honde. Hulle het met ses honde geloop: twee klein Jack Russells en vier groot honde. Hulle het van 8:45 tot 11:15 met die honde geloop. Hulle het altesaam N$600 in donasies ontvang.

Sommige stalletjies het gereelde klante as gevolg van al die aantreklikhede, kreatiwiteit, verfrissende drankies en eetgoed by die stalletjies. Hulle het baie klante na hulle gelok wat van die begin van die dag tot die einde toe suksesvol was. Die entrepreneurs het met ’n welverdiende bedrag huis toe gegaan.