Jeug speel kookwaterhokkie

‘n Mini-wêreldbekerhokkietoernooi is die naweek in Windhoek gehou waar jong hokkiespelers die geleentheid gegee is om hul talente ten toon te stel.
JUSTISIA SHIPENA
Justicia Shipena

Die sewentiende Russell Bartlett Mini-Wêreldbekerhokkietoernooi is vanaf 19 tot 20 Julie deur K5 Sports CC in samewerking met Standard Bank by Windhoek Gimnasium se sportvelde gehou.

Meer as 600 leerlinge van nege skole het aan 74 wedstryde deelgeneem. Elke skool het ? land verteenwoordig en mekaar die stryd aangesê om die wenners van die dag te bepaal.

Die toernooi is gebore uit die droom wat mnr. Russel Bartlett en sy dogter me. Shayne Cormack gedeel het. Ná haar pa se dood het Cormack die toernooi na hom vernoem.

Volgens mnr. Isack Hamata, Standard Bank se kommunikasiebestuurder, het die bank by die toernooi betrokke geraak om ? betekenisvolle bydrae te lewer tot groei en ontwikkeling in die land. Hy het die voordele van die jeug se betrokkenheid in sport benadruk.

Volgens Hamata het die bank en K5 Sports CC hulle tot ? borgskapooreenkoms van drie jaar verbind. “Ons borgskap vir die jaar is N$100 000. Dit sal egter toeneem tot N$120 000 volgende jaar en N$140 000 in die daaropvolgende jaar.”

Cormack, die toernooi-organiseerder en stigter van K5 Sports CC, het tydens die bekendstelling beklemtoon die toernooi poog om die jeug te inspireer om betrokke te raak by hokkie en aan hul die nodige platforms te bied vir gesonde kompetisie. “Deur die jare het ons verskeie nasionale hokkiespelers vanuit die toernooi opgelewer,” het Cormack gesê.

Die leerlinge het die dag met baie entoesiasme, gees en goeie sportmanskap geniet. Die geesdrif en passie onder môre se nasionale hokkiespelers het toeskouers en organiseerders tydens die toernooi op die punte van hul stoele gehad.

Wenners van die 2019-wêreldbeker



1

Griekeland – St. Paul’s College







2

Italië – Windhoek Gimnasium







3

Duitsland – St. George's Diocesan-skool







4

Singapoer – Laerskool Walvisbaai



5

Skotland – Pro-Ed Akademie





6

Kanada – Swakopmund Privaatskool







7

Jamaika – M&H Akademie







7

Holland – Windhoek Afrikaanse Privaatskool









9

Egipte – Laerskool Pionierspark









Ambassadeurstrofee



1

Italië – Windhoek Gimnasium





Russell Bartlett-toekenning aan die span met die beste gedrag en gees

Kanada - Privaatskool Swakopmund se o.10-seunspan