Khomas se verteenwoordigers bepaal

Atletiek
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Khomasstreek se atletiekkampioenskap vir hoërskole is Vrydag in die Onafhanklikheidstadion in Windhoek afgehandel.

Die sentrale streek se laerskole ding vandag by dieselfde venue mee, wat een van die laaste formaliteite op streekvlak is in die opbou na die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale kampioenskap op 30 April.

Enkele van die individuele hoogtepunte:

• Gerhard Steenkamp (seuns o.19) van Windhoek Afrikaanse Privaatskool het by die klub van tweemeter-hoogspringers aangesluit toe hy Vrydag sy persoonlike beste tot 2.00 meter opgestoot het.

• Nog een van WAP se bekende vooruitsigte is Anine le Roux (o.15), wat die dag met drie oorwinnings afgesluit het, naamlik in die verspring met 5.10 meter; die 90 m hekkies in 14.22 s asook die 100 m naelloop in 12.75.

• Lu-Hendro de Waal se wentyd in die 400 meter vir seuns onder 17 (50.83) was een van die opwindende baanvertonings. Sy komende mededinging met byvoorbeeld Otjozondjupa se gedugte Ryk Erasmus is gewis iets om na uit te sien.

• WAP se Jené Hattingh (o.17) het deurgedring om Khomas in die spiesgooi te verteenwoordig met ’n wengooi van 39.84 m.

• Desire Moolman (meisies o.15) word as een van die land se ontluikende jong naellopers beskou. Vrydag het sy Khomas se 100, 200 en 400 meters in stewige tye van onderskeidelik 12.76, 26.06 en 1:01:71 gewen.

• Denver Beukes het die 100 meter vir seuns o.17 in 11.18 sekondes gewen. Hy het egter sterk kompetisie van Jayden Januarie, wenner van die 200 in 23.28, gekry.

• Waldre Kotze het vir een van die beste prestasies in ’n velditem gesorg met sy persoonlike beste diskusgooi van 50.39 meter. Christiaan Burger en Kotze was gesamentlik eerste in die gewigstoot, elk met ’n beste gooi van 14.43 meter. Beide word afgerig deur me. Christine van der Linde, bekende afrigter vir werpitems.

• Dirk Theunissen het die seuns onder 17 spiesgooi met ’n puik poging van 54.80 meter gewen. Hy word ook deur me. Christene van der Linde afgerig.

• Die vasberade Zack von Wielligh (o.15) het sy kleim afgesteek met goue medaljes in die 100 meter in 12.16 sekondes, asook in die 100 hekkies in ’n persoonlike beste van 14.31 én die 300 hekkies (41.68).

Sommige ander wenners:

Meisies o.17, 100 m hekkies:
1 Alessandra Kaura, 15.70 s

Seuns o.17, 400 m hekkies:
1 Ivan du Plooy, 59.09

Seuns o.19, 400 m hekkies:
1 Leander Louw, 1:00.25

Seuns o.17, driesprong:
1 Stefan du Preez, 12.20 m

Seuns o.17, verspring:
1 Stefan du Preez, 6.21 m

Seuns o.19, 800 meter:
1 Lazarus Mbaisa, 1:59.13

Meisies o.17 verspring:
1 Mbitjita Ndjavera, 5.13 m

Seuns o.17 hoogspring:
1 Karsten Diergaardt, 1.80 m

Seuns o.19, 200 meter:
1 Nico Tromp, 22.73 s

Seuns o.17, gewigstoot:
1 Petri Bruwer, 12.80 m

Seuns o.19, 110 m hekkies:
1 Leander Louw, 15.86 s

Seuns o.17, 110 m hekkies:
1 Ivan du Plooy, 15.92 s

Meisies o.17, diskusgooi:
1 Tuané Silver, 38.31 m

Seuns o.15, verspring:
1 Alejandro Morkel, 6.02 m

Meisies o.17, gewigstoot:
1 Tuané Silver, 14.74 m

Seuns o.17 diskusgooi:
1 Theunis van Wyk, 39.09 m