Lunatics, die gees van die skool

07 June 2019 | Education

Marle Alberts

As 'n graad 10 Pro-Ed leerling, is Vrydagoggende se geesvang my gunsteling 30 minute van skool. Dit is 'n tyd waar die hele skool as een bymekaar kom. Die Lunatics is die skool se trots en help om eenvormigheid te bewerkstellig. Ek het met 'n paar lunatics en hul hoof 'n onderhoud gevoer om julle meer van die wonderlike groep te vertel.

Eerstens het ek met Myvonne Swart gepraat en vir haar gevra wat presies die Lunatics is. Hierop het sy geantwoord dat die dirigente wat hulself "The Lunatics" noem ’n groot verandering in die skool se gees teweeg wil bring - nie net op die sportvelde nie, maar selfs by kultuur en akademiese verrigtinge. 'n Lunatic in Afrikaans is ’n "kranksinnige" en dis presies wat Pro-Ed se dirigente is. Hulle is mense wat gees vinniger laat verpsrei as ’n veldbrand se vonke. Die Lunatics is ’n tradisie wat in 2019 begin het, en ons hoop dit sal nooit eindig nie.

Die eerste keer wat die Lunatics my volle aandag gehad het, was by ons skool se interhuiskompetisie. Elke span se dirigente het die spanne, Galjoen, Steenbras en Kabeljoue 'n lied laat saamsing om te kyk watter span die geesbeker sou wen. Hul het ons as skool ook ’n lied laat saamsing, en dit was besonders. Die skool het soos een gevoel met die grond wat vibreer van 750 leerlinge wat uit volle bors die skoollied sing.

Ek het ook die hoof van die Lunatics, Juffrou Janel Smit, gevra watter invloed sy dink Lunatics op die skool het. Sy het geantwoord, “die handelinge en ambisie van die Lunatics het ’n positiewe gevolg gehad. Dit aktiveer die leerling se gees en stig trots. Die goeie gees is besig om baie leerlinge entoesiaties te maak en ’n vuur binne-in almal se harte te laat brand.”

Nog iets wat ek vir Juffrou Janel gevra het was: "Hoe beplan julle om die skool se gees te verander?" Haar terugvoer was om "deur die verloop van termyn een verskillende aktiwiteite te doen. Ons is van plan om op sport, kulturele en akademiese gebiede te fokus en oral ondersteuning te bied. Die idee is om aandag te fokus op die verskillende gebiede sodat ons, as skool, mekaar kan ondersteun en bystaan in al die aktiwiteite. Ons is die skool met ’n verskil en ons wil die verskil by die leerlinge raaksien."

En dit is presies wat die Lunatics na Pro-Ed bring… ‘n verskil!

'n Verskil wat raakgesien word deur ander wat streef om soos ons te wees.

Retief Theron was volgende op die lysie met die vraag: "Wat behels die toekoms vir die Lunatics? Sy antwoord: "Die Lunatics het ’n baie groot invloed op die skool oor die feit dat ons alles bymekaar bring. Ons is die gees by kultuur-, sport- en gewone skoolbyeenkomste, so ons invloed op die skool is baie divers. Ons is ook die mense wat die skool se trots skep. Ons is die leerlinge wat verspot kan wees en al die ander leerders trots laat voel om in die skool te wees, want daar is altyd iemand daar om hulle te ondersteun.

Ek kan nie wag om te sien hoe hierdie oorspronklike tradisie oor die jare groei nie, en daarby die leerders se trots ook!

Similar News

 

Specialising in skin

2 days ago - 20 September 2019 | Health

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

The next big thing

5 days ago - 17 September 2019 | People

Elizabeth Joseph #TeamGraduate is a project that was started by Helena Mboti, a Rhodes University alumnus who graduated with a bachelor’s degree in financial...

The next big thing

5 days ago - 17 September 2019 | People

Elizabeth Joseph #TeamGraduate is a project that was started by Helena Mboti, a Rhodes University alumnus who graduated with a bachelor’s degree in financial accounting...

Tribute to Leonora Beukes

5 days ago - 17 September 2019 | Education

Desiree Seibes and Unique NarisBeing part of a team and leaving the team with many unanswered questions doesn’t ring a bell. Our late Leonora...

World-class experiences

5 days ago - 17 September 2019 | Youth

Ester Kamati The Namibia University of Science and Technology (Nust) International education Week is dedicated to celebrating diversity and making international students feel recognised and...

Better safe than sorry

5 days ago - 17 September 2019 | Youth

Justicia Shipena Vivo Energy Namibia launched its ‘Be safe: It might hit closer to home than you Think!’ school road safety campaign. The...

Dance extravaganza at NTN

5 days ago - 17 September 2019 | Cultural

Staff Reporter This year, the dance academy will once again entertain the public by presenting ‘The greatest musicals, a dance extravaganza’. The production involves around...

What on earth are you doing?

5 days ago - 17 September 2019 | Health

Justicia Shipena While cleaning up waste and the beautification of the environment are important and essential practices, unless there is systemic change that...

Kunstefees op Swakopmund

5 days ago - 17 September 2019 | Cultural

Leandrea Louw Pro-Ed Akademie op Swakopmund was vanjaar se gasheer van die vierde Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Napso is die organisasie vir Namibiese privaatskole.Vanjaar...

Latest News

Specialising in skin

2 days ago - 20 September 2019 | Health

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

by Evany van Wyk

Fearlessly chasing your dreams

2 days ago - 20 September 2019 | Business

MARISELLE STOFBERGWhether it is by faith, fate or destiny, Titus Shivute is exactly where he was meant to be in life. This educational officer of...

by Mariselle Stofberg

Bold and resilient

2 days ago - 20 September 2019 | Business

De Greeff is the architect of her own lifeIzelle de Greeff believes that women raise more than just children, they raise leaders.Elizabeth JosephIn Izelle de...

by ELIZABETH JOSEPH

Never a dull moment

2 days ago - 20 September 2019 | Business

Evany van Wyk Suné Tietz is an account manager at TinCup Digital Marketing Agency and is originally from East London in South Africa. Growing...

by Evany van Wyk

Passionate and dedicated

2 days ago - 20 September 2019 | Business

Mariselle Stofberg Namibia Breweries Limited (NBL) - a subsidiary of the Ohlthaver & List (O&L) Group - prides itself on not only creating a...

by Evany van Wyk

Bold and determined

2 days ago - 20 September 2019 | Business

Evany van Wyk Humility and empathy for others, no matter their status in society, is the cornerstone of how Johanna Kambala lives her life. She...

by Evany van Wyk

Berry’s hard work pays off

2 days ago - 20 September 2019 | Business

Evany van Wyk Establishing good relationships with clients and becoming a connector of positive change are among Johan Berry’s future plans. His vision is...

by Evany van Wyk

O&L invests in safer roads

2 days ago - 20 September 2019 | Business

The Ohlthaver & List (O&L) Group last week empowered two driving schools in Windhoek with new vehicles, in line with its commitment to road safety...

by Evany van Wyk

The next big thing

5 days ago - 17 September 2019 | People

Elizabeth Joseph #TeamGraduate is a project that was started by Helena Mboti, a Rhodes University alumnus who graduated with a bachelor’s degree in financial...

by ELIZABETH JOSEPH

Load More