Matriekafskeid ... ‘n sprokie word waar

Anja Coetzer
Op Vrydagaand, 13 Oktoberhet ons die geleentheid gekry om ons matrieks van 2017 vir die laaste keer te sien. Hulle het prentjiemooi gelyk en in hulle pragtige rokke en opgemaakte gesiggies is ons asems behoorlik weggeslaan. Ook die seuns was pragtig uitgevat vir hulle groot aand.

Met hulle aankoms by die Dome is hulle verwelkom deur die graad 11's en na binne genooi. ‘n Smullekker buffetete was reeds uitgepak en manne kon nie wag om te begin eet nie. Die dansvloer het reeds geduldig gewag dat opwindende dansies daar uitgevoer kan word. ‘n Openingsrede is deur Andeline Wieland gelewer en daarna is die matrieks deur ons skoolhoof, mnr. Christiaan Grobler, toegespreek. Met die formaliteite agter die rug kon ‘n heerlike aand in alle erns begin ... en was dit nie lekker nie! Die toppunt van enige matriek se loopbaan en ‘n aand waarna hulle vir twaalf jaar uitgesien het.

Ons glo dat die matrieks hul sprokiesaand ten volle geniet het en dat hulle die afskeid vir ewig sal koester.