M&K Gertze maak skoon

Elizma Ockhuizen
Aan die begin van Junie het die skoolhoof aangekondig dat ons leerlinge moet saamstaan om die skool netjies en skoon te maak.
Op die 7 Junie 2017, het ons leerlinge met harke, grawe en skoffels skool gekom. Die projek was deel van die skoonmaak veldtog en die gewilligheid van leerlinge was 'n riem onder die hart van die onderwysers. Die spreekwoordelike ‘baie hande maak die werk ligter’ was opnuut hier uitgebeeld.
Mnr Joseph het 'n plan opgestel, wat nou ook in die jare wat kom, gevolg sal word. Die verskillende plekke is vir elke klas aangedui. Die leerlinge het fluks skoongemaak.
'n Paar harke was gebreek in die proses soos die kinders hul doodgewerk het! Daar was 'n vragmotor gehuur om al die vullis weg te ry. 'n Paar leerlingewat 'n groot bydrae gelewer het met met die laai van die vullis is Ronaldo Van Kradenburg, Gianni Beukes, Romario de Koker, Ethan.
Hoewel die skool gereedskap voorsien het, het baie leerlinge sommer die taak ligter gemaak en die gras met hul hande terug gedra na die vragmotor toe.
Elke klas kon ook koeldrank en eetgoedjies saambring, wat darem die dors geles en die honger agterna gestil het. M&K se leerlinge het met moeë liggame, maar tevrede harte huis toe gegaan met die wete dat hul skool nou netjies en skoon is.