Moria kuberkuns en -kultuurfees

Mariselle Stofberg
Isabel Prinsloo

Privaatskool Moria sê totsiens vir ‘n ou kultuurfees en verwelkom ‘n splinternuwe Moria kuns- en kultuurfees.

Volgens me Lerine Olivier sou die formaat oorspronklik ‘n toetsloop wees vir volgende jaar se NAPSO kuns- en kultuurfees, maar nadat die kultuur kommittee komentaar ontvang het en mooi besin het, het hulle besluit om dit digitaal aan te bied.

“Die nuwe Kuber kultuurfees werk as volg: deelnemers ry nie spesiaal Outjo toe nie,” vertel Olivier. Volgens haar word die deelnemers afgeneem in hul eie gemak-area en dit word dan op ’n webtuiste geplaas waar die beoordelaars aanlyn die video’s en werke beoordeel.

Mnr Neil Prinsloo, hoofuitvoerende beampte van Privaatskool Moria, sê dat die skool die eerste skool in Namibië is wat so kultuurfees aanbied.

Die volgende reëls geld vir die kompetisie:

Alle beslissings van die beoordelaars is finaal. Geen toekenning sal gedoen word as die standaard dit nie regverdig nie. Die algemene bestuur behou die reg voor om enige beoordelaar aan te stel.

Inskrywingsvorms is vir die fees is beskikbaar op Privaatskool Moria se webtuiste. Alle inskrywings moet digitaal wees behalwe kuns wat na die skool gestuur moet word. Video’s moet in mp4 formaat wees en dit moet 250MB of kleiner wees. Foto’s moet in JPEG formaat ingedien word.

Musiek, instrumenteel word verdeel in twee komponente naamlik klassieke musiek (geen elektroniese instrumente) en kontemporêre musiek. Deelnemers kan in solo’s of duette en selfs trio’s deelneem.

Afrikaanse gedigte word self deur die deelnemer gekies en voorgedra. Nie meer as een gedig met dieselfde titel van dieselfde skool sal toegelaat word nie. Dieselfde reëls geld vir die Engelse voordrag.

Sertifikate sal tussen 1 Julie en 12 Julie aan betrokke skole gestuur word.

Privaatskool Moria se kinders is vol opgewondenheid oor die nuwe Kultuurfees, sê Lanè Burger, ’n Graad 11 leerling van dié privaatskool. Sy wil graag deelneem omdat dis so ‘n gerieflike manier is om van die konsep deel te wees.

Kyk uit vir verdere reëlings en inligting op die webtuiste wat op 5 Junie 2019 bekend gemaak is.

Vir verdere inligting, kontak Me Lerine Olivier by 0815609151.

Uitblinkers in kuns en kultuur kan hierdie jaar digitaal baljaar. Die kompetisie is vir elke leerling wat aan kuns en kultuur wil eer bring. As jy voordra,verf of musiek kan speel, dan kan jy dit digitaal met die skool deel. Jy kan ook kiekies stuur waarna ons beoordeelaars sal tuur.

Maak seker jy is betyds, want Privaatskool Moria wil jou gesig oral wys.