Musiek vir die agtergrond

? Orkesweek is onlangs in Windhoek gevier.
JUSTISIA SHIPENA
Evany van Wyk

Orkesweek het amptelik op 4 Maart 2019 afgeskop by die Deutsche Höhere Privatschule Windhoek (DHPS).

Die geleentheid se organiseerders het hulself oortref, met meer as 120 deelnemers van Duitse skole in Suid-Afika en Namibië, onder leiding van die bekende dirigent Alexander Fokkens. Hulle het met die vertonings definitief ? paar hartsnare getref. Die orkes se oefensessies het gesorg vir harmonieuse klanke deur DHPS se gange.

Op Vrydag 1 Maart 2019 het die leerders van DHPS hul entoesiasme bewys deur ? flash mob te reël met ? verwerking van die bekende “Cup Song”.

Die hoofdoel van die Orkesweek was om jongmense bymekaar te bring en hulle ? geleentheid te gee om hulle musikale vaardighede te bevorder. “Om die kinders die voorreg te gee om saam met Alexander Fokkens op te tree, mag dalk ? een keer in ? leeftyd ervaring wees waarop ons veral trots is,” het Tina Crueys, die skakelbeamte van DHPS, gesê.

Die geleentheid sou nie moontlik kon wees sonder die borge DB Schenker, Adrian & Meyer Juweliers en die Duitse ambassade in Windhoek nie. Die deelnemers van Kaapstad, Johannesburg en Pretoria was tuis by gasheerfamilies wat DHPS- onderwysers en -personeel ingesluit het.

Die groot finale het Vrydag 8 Maart om 18:00 plaasgevind by die DHPS-ouditorium. Toegang was gratis, dus kon meer mense dit bywooon en die ouditorium was stampvol. Die jong musikante wat Vrydag op die verhoog gesit het, het hulle vriende en families gemotiveer en geïnspireer om die vreugde van musiek te deel.

Om saam met jongmense te werk, is altyd vir Fokkens baie spesiaal. “My doel is dat die leerders ná die konsert moet voel dat musiek iets absoluut fantasties is,” het hy gese. Hy het definitief sy doel bereik, nie net met die leerders, maar ook met die gehoor.

Soos die bekende Duitse digter Heinrich Heine eens gesê het: “Musiek begin waar woorde eindig.” ? Verskeidenheid van musiek is ogevoer, van pop tot klassiek, om aanklank te vind by die gehoor. Die volgende Orkesweek gaan in 2021 plaasvind by die Duitse Internasionale Skool in Kaapstad.

“Jy kan net verbeter as jy speel” - die woorde van Buddy Rich. Te danke aan hierdie Orke week het talle jongmense die geleentheid gekry om te verbeter as musikant sowel as mens.