Outyds of Outentiek

Anri Jordaan
Windhoek Hoërskool se honderdste bestaansjaar is oor ʼn paar maande verby en dan begin ons met ʼn nuwe eeu. Die vraag is natuurlik of ons in die nuwe eeu presies net dieselfde tradisies gaan oordra of gaan ons ʼn nuwe era se tradisies begin?
Windhoek Hoërskool se tradisies is juis vir party leerlinge die hoofrede waarom hulle besluit het om hier skool te gaan. Tye verander en tradisies kan dalk ʼn rede wees dat die skool outyds bly en nie saam ontwikkel nie. Moet WHS hulle tradisies behou of moet verandering plaasvind?
Klarike Els , ʼn graad 10 leerling by WHS, voel dat die skool se huidige tradisies behou moet word, want al die tradisies vorm deel van die skool se geskiedenis en dit verteenwoordig die karakter van die skoliere wat oor die jare al in die skool was en steeds is. ”Die tradisies laat die skool net meer welkom voel”, is Vanessa Schoeman se mening en vir Yuné Prinsloo is dit ʼn eer om deel te wees van ʼn tradisie as dit ʼn 100 jaar al bestaan. Marli Schäfer en Nicolene Truter ,albei leerlinge van WHS, meen dat dit juis al die tradisies is wat die skool uniek en spesiaal maak.
Moet nuwe tradisies geskep word? Mari-Daleen Cloete sê: “ Ja, nuwe tradisies is nie verkeerd nie, dit is nodig om by sekere omstandighede aan te pas in die tye waarin ons leef, maar ek voel tradisie is nie tradisie as dit nie deel van die skool se wortels is of word nie. Dit vat lank om regtig tradisie , en saam met dit gees, te bou.” Nico Neethling, ʼn eerste hokkiespanspeler, sê dat nuwe tradisies ʼn “lekkerder vibe in die skool sal gee” Klarike Els voel ook nie dat nuwe tradisies verkeerd is nie : “Dit is beslis ideaal om nuwe tradisies in te bring omdat die skool saam met al die skoliere en onderwysers groei en dit gee vir ons ʼn kans om ons stempel in die hart van WHS te druk!”. “ As die ou tradisies behou word, kan nuwe tradisies net nuwe waarde gee aan die skool.” is Marli Schäfer se mening en Yuné Prinsloo sluit by haar aan : “Dit sal ook baie meer waardevol wees vir al die leerlinge wat deur die jare nog in die skool gaan kom.”
Dit is duidelik dat die leerders tradisies soos om in die strate af te stap voor die ‘Big Brag’ , die matrieks se “ 40 days” , die groot huiskompetisie saam met die ongelooflike gees , die kreet wat die skool ,ingehak bymekaar, trots uit volle bors skree en die tonneltjies wat gemaak word by rugby byeenkomste, nie prysgee nie.
Nuwe tradisies is egter welkom ,maar die ou tradisies sal vir nog ʼn eeu voortleef!