Pret in die winterson, Lemmer is die bom!

Evany van Wyk
Saterdag 1 Julie was n lekker dag by Dr Lemmer se skoolgronde! Met die aanbreek van die jaarlikse entrepreneursdag het mense in groot getalle opgedaag vir die geleentheid.
“Ons doel is om die jaar die meeste geld te maak, ”was die mening van een leerling. Die doel van die dag, was egter nie net om geld in te samel nie, maar om die kinders ‘n voorsmakie te gee van die regte besigheidswêreld daar buite. Hier leer die skoliere om die besigheidstegnieke wat hulle geleer het uit te voer. Die dag maak maak deel van hulle jaarpunt. Die klas wat die meeste geld insamel kry ook ‘n beloning en die geld wat ingesamel word gaan aan die skool.
Die dag het reeds stiptelik om 07:00 begin vir die leerlinge wat hulle stalletjies moes versier en hulle vele produkte uitstal. Onder meer moes die leerlinge as ‘n klas vir hul stalletjies name uitdink. Classic Shake With A Burger Break, soos die naam reeds sê, het heerlike melkskommels en burgers verkoop. Sweet And Sour On The Hour was een van die stalletjies wat van begin tot einde deur baie mense ondersteun was.Die spookhuis het ook nie teleurgestel nie. The Cooling Factory het die dag yskoue verfrissende nie-alkoholiese drankies verskaf. Dit was maar ’n paar van die stalletjies se name.
“Ek is nogal verbaas deur die kinders se professionele houding teenoor die dag,” was die woorde van ‘n trotse ouer, “dis ons besigheidsmanne en vroue van die toekoms.” Die eintlike hulde gaan aan juffrou W. Januarie, J.Uusiku en juffrou S. Van der Bergh. Hierdie juffrouens duidelik wonderlik in die manier hoe hulle klas gee. Hulle is ook verantwoordelik vir die organisering van die geleentheid.
Drie rugby wedstryde teen ons buurskool, M&K Gertze het gesorg vir die dag se vermaak. Daar was ook baie opgewondenheid oor die Dj se aangename musiek keuses. “Dit was ‘n baie koel dag ek kom definitief volgende jaar weer.” Dit was maar net een van die vele goeie aanmerkings oor die dag.
Hierdie dag kan in een woord beskryf word as suksesvol.