Pro-Ed Akademie staan nie meer terug nie!

Juannè Schlechter
In die verskeie sportsoorte wat Pro-Ed aanbied, het die sportspanne vanjaar in hul verskeie ligas sommer baie goed gevaar. Hiermee die uitslae:

RUGBY:
Die eersterugbyspan wen die B-liga, reeds die DERDE jaar in ‘n ry.
Die 0/11-rugbyspan het in die finaal gespeel en tweede in die liga geëindig. Húlle het dit ook die eerste keer in die geskiedenis van Pro-Ed reggekry dat geen span by vanjaar se Privaatskole Naweek punte teen hul kon aanteken nie en hulle het ook met meer as 40 punte hul opponente gewen! Wat ‘n prestasie!

HOKKIE:
Pro-Ed was bevoorreg dat vier van hul hokkiespanne in die kwart-finaal kon speel. Die eerste seuns-hokkiespan het die kwart-finaal gewen en het deurgedring na die semi-finale waar hulle in die derde plek geëindig het. Die eerste dogter-hokkiespan, asook die tweede dogter- en tweede seuns-hokkiespan het in die kwart-finaal verloor.

NETBAL:
Die 0/15 meisies het hul goed van hul taak gekwyt en eindig derde in hul liga.
Die 0/12 meisies het in die finaal tweede plek behaal.

Pro-Ed se naam is beslis deur AL ons spanne hoog gehou en ons sien uit na baie meer uitstekende prestasies soos hierdie in die jare wat kom.