Redakteursbrief

ELIZABETH JOSEPH
Wiaan Louw

Hierdie koerantuitgawe was voorwaar ’n opwindende leerervaring vir ons almal. Ek wil net vir my span baie dankie sê vir julle harde werk! Die graad 10-klas het omtrent gekook in hierdie uitgawe. Chad en Ethan het rondgehol om foto’s te neem en die meisies het vreeslik baie moeite gedoen met hul artikels. Jade, Esmari, Cassandra, Danielle, Janka, Kyla, Loané en Marlé - dankie vir al die navorsing en moeite wat in julle lang artikels ingegaan het.

Dan wil ek ook baie dankie sê aan al die ander staatmakers:

Ashanti, Alyssa, Charmaine, Chad, Chrislené, Ethan, Michaela en Roux-ché – julle rock almal en dit was regtig ’n voorreg om so ’n hulpvaardige span by my te hê. Ek hoop ek het niemand uitgelaat nie, maar as ek het – onthou net jy rock ook!

Laastens wil ek net dankie sê aan Leandrea van Republikein. Dankie vir jou raad, geduld en bystand, Sista. Jy rock sommer ook. En ons graad 10s dink hierdie uitgawe is super bewompe!

Ons sien uit na 2020 se uitgawe!