Stampriet Laerskool besoek Windhoek vir ‘n dag

Yanna Smith
Oor 40 leerlinge van Stampriet Laerskool, Hardap streek het op die 5 Oktober Namibia Media Holdings besoek om die leerlinge voor te stel en verduidelik wat die maatskappy doen in terme van hoe ? koerant ontwerp word. Die hoof rede hoekom die laerskool Windhoek toe af gekom het was om die graad 1 tot 4 leerlinge blootstelling te gee aan die plekke wat hulle net in die klas van hoor en leer. Die leerlinge saam met die 4 onderwysers het ook die staat huis en Namibia Broadcasting Corporation (NBC) besoek. Onderwyseres, Shirley Swartz het beklemtoon dat die leerders dié plekke fisies kom sien. “Ons het besluit om die kinders uit te vat want ons hoor net oor sulke plekke maar sien dit nie of waarvandaan die koerante kom nie.” het sy gese. Die leerlinge was bly en verbaas om die koerant en advertensie ontwerping proses te sien.