Ster onderwyser van die week

ELIZABETH JOSEPH
Profiel van M.H. Greeff personeellid

Naam: Mnr. Uzuvira Tjomita

Geboortedatum: 24 Augustus 1990

Beroep: Graad 5 onderwyser by M.H. Greeff Laerskool

Vak: Engels as ‘n tweede taal

Onderwyskwalifikasies:

Graad 12, Hochland Hoërskool

Baccalareusgraad van Tegnologie in Openbare Bestuur, Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust)

Honneursgraad in Onderwys (hoër primêre Sosiale Wetenskappe en Engels 2de taal), Universiteit van Namibië (Unam)

Basiese inleidende sokkerafrigting, NFA deur die NFA Galz and Goalz-sentrum

CAF D afrigtingslisensie

Leierskapservaring:

Lid van die 2015 studenteraad met die portefeulje Rekreasie en Kultuur, Unam

By M.H. Greef Laerskool;

Huidige lid van die direksie

Voorsitter van die beplanningskomitee

Hoof van instandhouding, skoolvlak

Lid van die raffle-fondsinsamelingskomitee

Voorsitter van die Greeffies Sokkerakademie (jeugmentorskap en ontwikkelingsprogram vir meisies en seuns van o.9 tot o.17 wat deelneem aan die Hopsol-jeugsokkerliga)

Voorsitter van die Greeffies Skaakklub

Skoolafrigter vir o.13 seuns

Assistant afrigter van meisiesokker

Adjunkvoorsitter van die Sportkomitee

Betrokkenheid by aktiwiteite:

Hy het suksesvolle pogings om die ministerie van onderwys se droom vir finansieel onafhanklike skole te verwesenlik, van stapel gestuur. Die ouers se bydraes per termyn het die skool in staat gestel om te funksioneer met minder finansiële laste in ‘n reeds-sukkelende ekonomie

Hy was direk betrokke in die vestiging van ‘n vennootskap tussen M.H. Greeff en Unam. Die doel hiervan is om onderwysers te kweek wat ‘n voorbeeld vir hulle toekomstige opvolgers sal wees. Hy het die Education Indaba bygewoon wat Unam in September 2019 aangebied het.

Hy het ‘n meisiesokkerspan gevorm met die hulp van Brave Gladiators se Tomalina Adams as die hoofafrigter. Die meisies gaan deelneem in die Galz and Goalz-liga, asook aan die CAF o.15 meisies-toernooi wat later dié jaar sal plaasvind. Die skool het ‘n borgskap van U$1 000 en sporttoerusting vanaf NFA Women ontvang, wat aangewend sal word vir die ontwikkeling van meisiesokker in die skool.

Die Greeffies sokkerakademie stel jong seuns van die Khomasdal-kiesafdeling in staat om deel te neem aan sokker-aktiwiteite, en hou hulle só van die strate af weg. Die program is gemik op seuns en meisies tussen die ouderdomme van 14 en 17. Een van die akademie se suksesstories is die aktiewe deelname in die Hopsol-sokkerliga. Een van die seuns, Leander Jossop, is nou die hoofafrigter van die o.9 seuns by die akademie. Dit is ‘n mentorskapprogram wat gemik is op die opleiding van jong seuns en meisies uit minderbevoorregte agtergronde en -gemeenskappe om uitsonderlike Namibiese burgers te wees.

Waar hy homself binne vyf jaar sien:

“Definitief met ‘n meestersgraad in óf openbare betrekkinge, leierskap of onderwys, of in ‘n posisie waar ek ‘n sterk invloed op die ontwikkeling van die jeug deur mentorskap kan hê, en in staat kan wees om ‘n verandering binne die huidige jeugkultuur te kan maak.” Hy sê meer moet gedoen word om die kultuur van harde werk en toewyding onder jongmense aan die gang te hou.

Sy lewensmotto:

“Hou jou kop lag en werk hard!”