Swemmers spog in Botswana en tuisland

Mariselle Stofberg
Ellené van Eck

Michael Phelps het eens gesê: “Daar sal struikelblokke wees. Daar sal mense wees wat jou betwyfel. Daar sal foute wees, maar met harde werk is daar geen perke nie.” Ju-Ané Oberholzer en Jureck Johannesson, wat beide senior leerlinge van Windhoek Gimnasium is, het Namibië verteenwoordig by twee van die baie belangrike byeenkomste op die jaarlikse swemkalender.

Oberholzer het die land gaan verteenwoordig by die onder-20 Jeugspele wat in Desember 2018 in Botswana plaasgevind het, sowel as die Cana Zone IV-kompetisie wat in Februarie vanjaar hier in Namibië plaasgevind het. Jureck het ook Namibië verteenwoordig by die Cana Zone IV-kompetisie. Beide hierdie leerlinge het besonder goed gevaar in hul onderskeie afdelings van die kompetisies.

Die onder-20 Jeugspele het vanaf 5 tot 13 Desember 2018 by die universiteitskampus van Botswana plaasgevind. Oberholzer het Namibië daar gaan verteenwoordig en swem al vir ongeveer 14 jaar. Dié Jeugspele het atletiek, netbal, sokker, basketbal, vlugbal en vele meer ingesluit. Die swemmers het vir byna twee weke saamgebly. Oberholzer beskou van haar hoogtepunte van die Jeugspele as die atmosfeer onder die swemmers. “Die hoogtepunt vir my was die lekker gees onder die swemmers.” Sy het vier brons medaljes in al vier O/20-aflosse, ? fantastiese algehele 9de plek in die 100m-rugslag en ? 10de plek in die 50m-rugslag verower. Oberholzer beskou enige prestasies wat sy behaal as ? groot voorreg en eer. “Om hier ? medalje te verower, is ? groot eer, veral as dit vir ? mens se land is.” Dit was vir haar ? groot eer om Namibië by die Jeugspele te verteenwoordig.

Die Cana Zone IV-kompetisie het vanaf 16 tot 19 Februarie 2019 in Windhoek plaasgevind. Dertien SADC- lande soos Suid-Afrika, Botswana, die Seychelles, Mauritius, Zambië en Zimbabwe en vele meer het daaraan deelgeneem. Die Cana Zone IV-kompetisie word deur die CANA Swem-unie geborg en daar was om en by 200 deelnemers teenwoordig wat slaggereed was om die uitdaging aan te pak.

Johannesson en Oberholzer het albei Namibië hier verteenwoordig. Johannesson swem al vir die afgelope 8 jaar. “Ek het geleer dat ons land eintlik baie goed doen in swem as ? sport, maar dat daar nog baie ruimte vir verbetering is.” Volgens Oberholzer was die kompetisie baie sterk aangesien daar deelnemers uit 13 verskillende lande aan die kompetisie deelgeneem het.

Oberholzer sê dat sy die volgende uit die kompetisie geleer het: “Harde werk bring mens baie verder as talent.” Johannesson het ? silwer medalje verower in die 3km ope water-afdeling, wat by die Oanob Dam naby Rehoboth plaasgevind het, asook ? goue medalje in die 200m-rugslagafdeling. Oberholzer het 3 silwer medaljes verower in die 200m-borsslag-, 50m-borsslag- en die 100m-borsslagafdeling. Sy het ook 2 brons medaljes in die 200m-rugslag- en 50m-borsslagafdeling verower. Die pryse wat vir deelnemers op die spel was, het natuurlik medaljes ingesluit. Die beste deelnemer per ouderdomsgroep, nl. ? Victor Ludorum en ? Victrix Ludorum is ook aangewys. Volgens Oberholzer was daar ook ? ongelooflike goeie gees, veral tussen lande soos Angola en Zambië.

Hierdie twee leerlinge van Windhoek Gimnasium was beslis baie bevoorreg om aan hierdie ongelooflike kompetisies te kon deelneem en om te kon spog met hulle talente en beloon te word vir hul baie harde werk en lang ure se oefening wat dit geverg het om ? sukses van hierdie twee geleenthede te kon maak. Hulle het ook die fantastiese voorreg gehad om Namibië met onbeskrylike trots te kon verteenwoordig.