Virtuele atletiek

JUSTISIA SHIPENA
Leané Boshoff

Ná die uitbreek van die coronavirus het dit al die atlete in die wêreld geaffekteer. Meestal omdat dit ’n paar atlete se laaste skole-atletiek sou wees. Omtrent almal was negatief behalwe die mense van Valhalla Throws Academy.

Mnr. Paul Wilson het toe leiding geneem en besluit om ’n nuwe manier van atletiek te skep.

Hy het met virtuele kompetisies begin. Drie atlete van Grootfontein Agri College het aan die kompetisie deelgeneem. Edelle van Zyl (17), Thalicha Raes (13) en Leané Boshoff (14). Ons het ’n onderhoud met een van die atlete gehou en sy het gesê die kompetisie was ’n baie goeie idee, maar mens het nie die adrenalien van ’n regte kompetisie nie. Sy het ook gesê dat dit moeilik is want jy kan eers na die tyd op die resultate sien hoe die ander atlete gedoen het. Die kompetisie het op 1 Mei plaasgevind en enigiemand kon inskryf reg om die wêreld. Die kompetisie kon mens by jou eie huis gedoen het, so niemand het die inperkingstydperk se reëls gebreek nie.

Hierdie kompetisie was net vir gewigstootatlete. Edelle van Zyl was 3de. Leané Boshoff was 2de en Thalicha Raes was 4de. Dit was goeie uitslae vir atlete wat oraloor die wêreld deelgeneem het.

Die kompetisie was nie die einde nie. Valhalla Throws Academy het besluit om weer ’n kompetisie te hou. Hierdie kompetisie was net bietjie anders. Hulle het besluit om diskus ook in te bring. Die drie atlete van Agri College het weer deelgeneem en het baie goed gepresteer. Die atlete het gesê dat die kompetisie verskriklik lekker was, maar dat hulle nogsteeds die adrenalien mis van die kompetisies voor corona. Hierdie kompetisie het dieselfde as die vorige een gewerk. Vir hierdie atlete was dit net nogals vreemd om virtueel diskus te doen, maar hulle het uitstekende resultate behaal. Die kompetisie is op 25 Mei gehou.

Leané Boshoff was 1ste in diskus met ’n afstand van 39,79 m en 2de in gewigstoot met ’n afstand van 13,21 m. Edelle van Zyl was 2de in diskus met ’n afstand van 30,83 m en sy was 3de in gewigstoot met ’n afstand van 11,43 m. Thalicha Raes was 2de in diskus met ’n afstand van 30,69 m en 2de in gewigstoot met ’n afstand van 10,25m.

Suid-Afrika het ook aan die kompetisies deelgeneem en die Pierre Blignaut Akademie het besluit hulle wil ook ’n virtuele kompetisie aanbied. Hierdie kompetisie het baie deelnemers gehad en dit was ’n moeilike kompetisie gewees. Die atlete het hierdie kompetisie verskriklik baie geniet en hulle het goed presteer vir die hoeveelheid atlete wat deelgeneem het. Hierdie kompetisie het vir almal gemotiveer om aan te hou oefen. Die kompetisie was ook vir gewigstoot- en diskusatlete. Agri College se atlete het weer op 7 Augustus deelgeneem en Edelle was 12de in diskus en 10de in gewigstoot. Leané was 3de in diskus en 4de in gewigstoot en Thalicha was 11de in diskus en 8ste in gewigstoot.

Menlo Park in Suid Afrika het op 14 Augustus ’n groot kompetisie gehou en hulle het baie leerlinge gehad wat deelgeneem het van Namibië tot Engeland. Edelle van Zyl was 6de in diskus en 8ste in gewigstoot. Leané Boshoff was 3de in diskus en 2de in gewigstoot en Thalicha Raes was 3de in diskus en ook in gewigstoot.

Die laaste virtuele kompetisie was ook deur Menlo Park in Suid-Afrika aangebied. Die kompetisie het op 29 Augustus plaasgevind. Hierdie Menlo-kompetisie was net so groot en die atlete het skitterend gevaar.

Edelle was 2de in gewigstoot met ’n afstand van 12,07 m en 6de in diskus met ’n afstand van 30,48 m. Thalicha was 4de in diskus met ’n afstand van 30,61 m en 5de in gewigstoot met ’n afstand van 11,36 m. Almal het nuwe persoonlike beste afstande behaal. Leané was 1ste in diskus met ’n nuwe persoonlike beste van 41,29 m en sy was 3de in gewigstoot met ’n afstand van 13,56 m.

Die atlete het verskriklik goed gedoen en hulle is baie dankbaar vir hulle afrigter Hennie Boshoff wat hulle elke dag afgerig het. Hulle is ook baie dankbaar aan die gemeenskap wat hulle ondersteun het in hierdie moeilike tyd.