WAP-leerling skep eie weerlugballon

Octavia Tsibes
’n Graad 9-leerling van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het Vrydag sy eie lugballon, as deel van ’n wetenskapprojek, by die skool laat gaan. ’n Toestel van die meteorologiese kantoor in Windhoek is aan Eric Kamber se ballon gekoppel wat dit moontlik maak om die temperatuur, barometerdruk, windspoed en -rigting te meet. “Die doel van hierdie projek is om die weerstoestande uit te vind soos die ballon hoër gaan. Die toestel stuur dan weer die data terug aan die kantoor sodat dit ontleed kan word,” sê Kamber. Hierdie ballon kan 30 km hoog gaan en beweeg teen 10 meter per sekonde. Foto Mariselle Stofberg