WHS onderwysers kry nuwe hemde

JUSTISIA SHIPENA
Mnr. Sam Kauapirura van Hollard Namibië se uitvoerende bestuur, met die portefeulje transformasie en korporatiewe kommunikasie, het Maandag Windhoek Hoërskool (WHS) besoek om nuwe geborgde hemde aan die personeellede van die skool te oorhandig. Me. Janine van Rooyen, ’n Engelse onderwyser by WHS, het gehelp om die borgskap van Hollard bekom om aan die onderwysers iets “uniek en spesiaal te kan gee wat hulle sal laat uitstaan.” Mnr. Hawie Engels, die skoolhoof, het die hemde namens die personeel ontvang.

Foto Mariselle Stofberg