WHS sê hul sê met redenaars

Mariselle Stofberg
Beatri Turner

Op 14 Junie 2019 het vyf WHS-leerlinge aan die ATKV-Redenaarskompetisie te Walvisbaai deelgeneem. Al vyf leerders het onder die top tien deelnemers geëindig. Amorain Kotze het 9de geëindig in die graad 8 tot 9 Afrikaans Huistaal voorbereide kategorie en Edward Turner was 7de in die graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal voorbereide kategorie. Beatri Turner, ’n graad 9 leerling, Jana Hein, graad 10 leerling, en Anri Lombard ’n graad 11 leerling het aan die Afrikaans Huistaal onvoorbereide kategorie deelgeneem. Hulle het onderskeidelik 7de, 10de en 8ste geplaas. Welgedaan aan al die deelnemers!