Wie kraai koning: Die room of die skuim?

Chanelle Riekert
00Maandag, 9 Oktober het die matrieks van 2017 hul laaste aktiwiteit by hul skool afgesluit waar die res van die skool hulle ‘n laaste keer in aksie kon sien.
Room en Skuim is ‘n geleentheid waartydens die Room, die matrieks, teen die Skuim, die res van die skool, op die sportveld in netbal, hokkie en rugby kompeteer.
Henry Fourie, een van ons nuwe prefekte van 2018, wat die hele byeenkoms gereël het, sê dis eintlik ‘n baie groter byeenkoms as wat almal dink. Henry en Ansoné moes skeidsregters wees vir elke sport. Hulle moes programme uitwerk wat almal sou pas en die tye deurgee aan die skool. Henry sê ook dat hulle ‘n groot probleem gehad het met die rugbyveld omdat dit nog nie heeltemal op standaard is om wedstryde op te speel nie. Hy dink tog die geleentheid het uitstekend afgeloop en almal het dit baie geniet. Henry sê ook dat hulle dit met liefde gedoen het om vir ons matrieks tot siens te sê!
Die Skuim het goeie kompetisie teen die Room gebied en die Skuim het die Room goed gehou, maar baie geluk aan die Room wat die netbal-, hokkie- en rugbywedstryd gewen het!
Michael Zapke, hoofseun van 2017, het gesê: ”As jou skoolloopbaan tot ‘n einde kom en jy alles doen vir die laaste keer, waardeer jy dit meer”. Hy het hierdie jaar die Room en Skuim ongelooflik baie geniet. Michael sê dit was fantasties om vir nog een laaste keer saam met sy vriende netbal, hokkie en rugby te kon speel. Die dag was ongelooflik goed beplan en dít het dit regtig vir die matrieks lekker gemaak. Hy kan nie aan ‘n beter manier dink om afskeid te neem van Pro-Ed se sport as die Room en Skuim nie.
Die geleentheid was opwindend en dit was baie interessant om seuns te sien netbal speel en ander te sien sport doen wat hul nog nooit voorheen gedoen het nie.
Met al die opwinding is daar ook hartseer wat saam met die geleentheid gaan. Ons is hartseer om ons matrieks vir die laaste keer in aksie te sien en afskeid van hul te neem, maar ons wens ook elke matriek van 2017 sukses en alle geluk in hul toekoms toe.