Interhoër 2023

Louise McCarthy
Wolf wolf hoelaat is dit? NAARTJIE TYD!



Van die 13de tot 15de Augustus 2023 was die wintersport interhoër teen Pro-ed Akademie gehou. Vier netbalspanne was ingeskryf. Die O/13 A het verloor 1:31, die O/15 B het ook ongelukkig verloor 8:12. Ons is baie trots op die O/16 A span wat gewen het! Ons kon sien dat die O/19 A span hulle beste gegee het, maar ongelukkig het hulle ook verloor 15:35.



Slegs twee rugby spanne was ingeskryf waarvan die O/15 A 10:3 gewen het en die O/19 A 5:24 verloor het.



Die O/19 A hokkie dogters het 1:1 gelykop gespeel! Juané Brand kaptein van die hokkie dogters span vertel vir ons dat “die ondersteuners van ons skool langs die hokkie veld ñ groot inpak op ons game gehad het, hulle gees het ons die dryfkrag gegee.” Die O/19 A hokkie seuns het 2:5 verloor, maar hulle het nie ophou baklei tot die einde nie.



Ten spyte van die uitdagings en spanning het al die spanne deurgedruk en hulle beste probeer. Probeer is die beste geweer. Dit was n uitstekende naweek en al het ons nie gewen in die sport kodes nie het ons defnetief gewen in gees. Ek is n trotse volbloed naartjie.