Matrieks 2023 sê totsiens aan Walvisbaai Privaat Skool

Juané Brand en Stefan Lotriet
Dit was weereens daardie hartseer tyd van die jaar waar ons groete aan ons matriekielante moes sê. Valedictory het op die 28ste September plaas gevind. Domenie Burger het die verigtinge geopen met n doeltreffende geestlike boodskap wat die matrieks verder in

hulle lewe kan neem. Domenie Burger het vir ons met die akroniem FACT gelos, FACT staan vir:F- Flexible A- Available C- Committed T- Teachable.



Toe die vlae gehys was tydens die Nasionale landslied toe oorhandig die ou hoofleiers vir die nuwe hoofleiers, van 2024, die eer om die vlae te hys. Dit was ook die ou hoofleiers se laaste hys van hulle skool loopbaan. Jd en Elizhia het die onderwyser namens die graad 12 leerders bedank van sub-A regdeur tot by die hoërskool onderwysers. Daar was ook spesiale bedanking gegee vir die skool se werkers wat hulle self afsloof om

Walvisbaai se gronde skoon te hou. Volgende op die program was die prysuitdeeling. Die top tiene van die AS en OL bane was uitgelees en

sertifikate was oorhandig. Toe kom ons by die groot pryse. Nelrie Zwemstra het haar goed van haar taak gekwyt, toe sy met 4 van die hoofpryse daar wegstap. Die pryse is as volg: die senior Optima Ludi, senior duks leerling, asook die beste persentasie in die wetenskap veld asook die algehele beste persentasie in Gr.12. Ons vra toe vir Nelrie hoe sy gevoel het toe sy hoor sy is die wenner van al daai pryse “Ekt eintlik n klomp emosies tegelyk ervaar. Saam die verbasing, het ek trots gevoel. Trots op my skool vir die geleenthede en hulp wat hulle vir my gebied het om so ver te kom. Ek weet egter dat ek dit nie sou kon doen sonder die Here aan my sy nie.



Daarom is dit vir my belangrik om te sê dat my pryse niks werd is ek nie al die eer aan Hom gee nie.” Die volgende verower elk toekenings vir die beste leerlinge in hul spesifieke velde; Ané van der Merwe vir die wel ter tale trofee, Jd Rossow vir Design and Technology en Bernice Winborn vir Accounting. Die podium wat gebruik was tydens die seremonie was deur ons eie hoofseun, JD Rossouw, gemaak as sy DT finale projek. Die Leierskaps troefee was toegeken aan albei van ons skool se trotse hoofleiers JD Rossouw en Elizhia Alberts. Die matriekielante het hulle merk op Walvisbaai Privaatskool gelos met hulle finale geskenk aan die skool. Die matrieks van 2023 het n geraamde Nasionale Lied geskenk wat in die Tom Swemmer saal opgehang sal word. Ons neem afskeid van ons geliefde matrieks van 2023 en wens hulle sterkte toe op hul lewens reis en hoop dat hierdie nie n finale groete sal wees nie maar n sien jou later.