Oud-Naartjie by wêreldbeker

Juané Brand en Stefan Lotriet
Wat n voorreg is dit nie dat ons naartjie talente so wyd trek nie. Ou Walvisbaai Privaat skool skoolier hou die Naartjie naam hoog by die rugby wêreld beker 2023. Tiaan de Klerk maak ons trots! Hierdie volbloednaartjie maak sy debut in die Namibiese wêrelbekerspan wat vanjaar meegedeel het in poel A waar Namibië kragte gemeet het teen lande soos New Zealand, Italie en Frankryk. Die dobbelsteen het toe op die ou einde nie reg geval vir namibia nie maar dit was nog steeds n belewenis en leerskool vir Tiaan gewees. Na die wêreldbeker gaan Tiaan ook sy murg wys by die Pumas, waar hy drie jaar kontrak geteken het.



Ons hoor by Allister Coetzee dat “Namibië n span is wat nie opgee nie, maak nie saak wat die telbord sê nie” en Tiaan de klerk was een van hulle. Van tjokker rugby op Naartjie park tot in n nasionale span wat in een van die grootste stadiums in die wêreld speel. Dit was n eer om jou as Volbloednaartjie op die skerm te sien uitdraf! Jy maak jou ouers, familie en elkeen in die naartjie famile vreeslik trots! Hou so aan! Tiaan is n uitmuntige voorbeeld dat enige iets moontlik is, dit maak nie saak uit watse skool jy uitkon nie, solank jy net hard werk en nooit opgee nie.