Namibië ruk op NAMPO toe van 13 tot 16 Mei

Span van Agri Monitor, Enjoy, Synergy Bothaville toe
NAMPO stel produsente en ander rolspelers in die landboubedryf in staat om die jongste tegnologie en produkte wat in die boerderybedryf aangebied word, eerstehands en op een terrein te ervaar.
Francoise Steynberg
Agri Monitor gaan die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, NAMPO, buite Bothaville in die Vrystaat saam met ander Namibiërs besoek om vir Namibiese boere, maatskappye en rolspelers in die landbousektor die jongste landbounuus rakende produkte, tegnologie, dienste en vernuwing te bring.

Van 50 400 besoekers in 2000 tot meer as 86 000 in 2024 — NAMPO bly ? hoogtepunt op die Suider-Afrikaanse landboukalender en vanjaar gaan daar 920 uitstallers wees.

Die span van vier van Agri Monitor, Synergy en Enjoy vertrek op Sondag 11 Mei uit Windhoek op ? sloertoer, geborg deur Pupkewitz Toyta en Agra, via Ariamsvlei na eers die Noord-Kaap om verskeie groot landbouprodusente te besoek en dan vanaf 13 Mei NAMPO by te woon.

Volgens NAMPO woon 88% van besoekers die landbouskou by om die nuutste produkte te sien, terwyl 61% gereed is om te koop, 54% wil landbouinligting kry en 52% is daar om te netwerk.

Graan SA se NAMPO stel produsente en ander rolspelers in die landboubedryf in staat om die jongste tegnologie en produkte wat in die boerderybedryf aangebied word eerstehands en op een terrein te ervaar. Die NAMPO Oesdag bied ook aan produsente die geleentheid om deur middel van debatte en gespreksforums kennis by kundiges in hulle onderskeie landbouvakgebiede op te doen.

? Unieke aspek van NAMPO is dat dit ? veelfasettige aanbieding is wat ? breë spektrum aan die produsent bied, terwyl ander tentoonstellings gewoonlik op spesifieke gebiede van landbou fokus.



EERSTE OESDAG IN 1967

Die eerste NAMPO Oesdag het in 1967 op die plaas Donkerhoek naby Bloemfontein, plaasgevind en is deur 200 produsente bygewoon. Daarna is die Oesdag op verskeie plase gehou totdat die gebeurtenis só groot geword het dat ’n meer permanente plek gevind moes word. In 1974 is die NAMPO Oesdag dus op ? permanente terrein, vandag as NAMPO Park bekend, buite Bothaville gevestig.

Die produkte en dienste wat deur die meer as 750 uitstallers uitgestal word, vestig die NAMPO Oesdag as ? gediversifiseerde handelstentoonstelling wat aan produsente die geleentheid bied om ? wye verskeidenheid produkte en dienste te vergelyk en só word hulle in staat gestel om ingeligte besluite te neem. NAMPO bied ook aan produsente uitstallings van ? hoë standaard en dus direkte toegang tot ? menigte spesialiste en kundiges op verskeie gebiede.

Graan SA streef daarna om NAMPO as ? handelsgeoriënteerde landbou en handelstentoonstelling te behou, met die spesifieke fokus op landbou en nie op vermaak en die uitstalling van vlooimarkitems nie.

Graan SA se NAMPO is dinamies en elke jaar probeer die organiseerders om met die veranderende behoeftes, vereistes en verwagtings van produsente en rolspelers in die landbousektor tred te hou. Waar die oorspronklike fokus slegs op mielieprodusente was, fokus die Oesdag deesdae op die volle landbousektor.

Graan SA beskou NAMPO ook as een van die beste bydraers tot die versekering van volgehoue voedselproduksie in Suider-Afrika.

Die Transvaal Landbou-unie (TAU) Veevoer Vee-arena is terug by NAMPO 2025 en bly die hartklop van veeboerdery. Byna al die geregistreerde rasgroepe van groot- en kleinvee sal teenwoordig wees, insluitend beeste, skape, varke en bokke. Daar sal daaglikse stamboekparades met streng biosekuriteitsprotokolle wees.

? Pendeldiens verbind die skouterrein met die Oliver Tambo Internasionale Lughawe by Johannesburg en Bothaville. Daar is selfs ? heliport op die gronde en NAMPO Park het ook sy eie aanloopbaan.

Toegangsfooie aanlyn kos N$130 van Dinsdag tot Vrydag en kaartjies is slegs aanlyn by Open Tickets beskikbaar. Kaartjies by die hek beloop N$150 Dinsdag tot Vrydag.

Namibiërs, laat weet gerus vir Agri Monitor as julle NAMPO gaan bywoon, ons kry jou daar en voer graag ? onderhoud met jou. Ons sal soos eg Namibiërs lyk, uitgevat met velskoene en leerprodukte van Shilongo Leather. Haak Vrystaat met 'n paar Namibiese velskoene !

- francoise@nmh.com.na