Boomplantdag gevier

Die ministerie van landbou, water en bosbou, asook stedelike en landelike ontwikkeling, het saam op 12 Oktober Nasionale Boomplantdag by die Hoërskool Dawid Bezuidenhout gevier.
Michelline Nawatises
Michelline Nawatises

Vanjaar se tema is “Plant bome om klimaatsverandering te verminder”.

In Namibië is die tweede Vrydag in Oktober as Nasionale Boomplantdag afgekondig, en word meer reeds vir meer as 25 jaar in die land gevier.

Die skoolhoof van die Hoërskool Dawid Bezuidenhout, mnr. Mbeeli Willem, het gesê: "As gevolg van jul wedersydse bekommernis oor en passie vir die natuur, het julle almal gekies om deel te wees van hierdie viering. Dit is nou die tyd om die skade ongedaan te maak. Kom ons onderneem om voortdurend bome te plant, want die een wat bome plant, plant hoop.”

Mnr. Ignasius Simba, raadslid van die Stad van Windhoek, het die toespraak namens die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, gelewer. Volgens hom is die eerste Boomplantdag ter wêreld op 10 April 1872 in Amerika gehou toe 1 miljoen bome in dié land geplant is.

"Histories en kultureel is bome gebruik as grense tussen gemeenskappe, en ook as sentrums waar vergaderings en sosiale byeenkomste gehou word. Dit is ook bronne van boumateriaal en toeriste-aantreklikhede," het Kazapua gesê.

Die Stad van Windhoek het tien sakke mis geskenk om vier bome by Dawid Bezuidenhout te plant.

Me. Sophia Kashitta, adjunk- permanente sekretaris van landbou, water en bosbou, het namens minister Alpheus Naruseb, sy toespraak gelewer.

Volgense Naruseb is sy ministerie se doelwit om alle burgers meer bewus van bome se belangrikheid te maak.

"Oor die afgelope 25 jaar het ontbossing met meer as 50% afgeneem. Ons as Namibiese burgers moet onsself weer verbind tot die plant, beskerming en bewaring van bome, asook die volhoubare gebruik daarvan verseker.”