Chris en Daniella oor Afrikaans in Namibië

Francoise Steynberg
Die bekende Suid-Afrikaanse sanger Chris Chameleon en sy Namibiese meisie, Daniella Deysel, wat saam met hom die album Posduif opgeneem het, het ondersoek ingestel oor hoe Afrikaans in Namibië voortleef en ontwikkel. Hulle is die aanbieders van ’n nuwe dokumentêre reeks, Namibië: ’n Plek om dop te hou. Die eerste episode is gister (Sondag)op kykNET uitgesaai. In dié reeks word gekyk na hoe dit met Afrikaans as taal en Afrikaanssprekende mense gaan sedert die land se onafhanklikwording in 1990 – onder meer in die sakewêreld en in skole. “Namibië is ’n land waar Afrikaans gedy," het Chris gesê. Foto Netwerk24