Die begin van hoërskool

Mariselle Stofberg
Sommige sotte van 2020 is gevra waarvoor hulle die bangste was en waarna hulle die meeste uitgesien het tydens die sottery.

Janel Scheepers

“Ek was bang om voor mense verneder te word, want party kinders het dit erg laat klink, maar dit was nie. Ek het so baie geleer en gegroei in hierdie tyd. Ek het uitgesien om my vriende te sien en met hoërskool te begin.”

Alika Van Den Berg

“Ek wou nie snaakse goed eet nie, maar ek hou andersins baie van die sottery. Ek hoef nooit iets teen my sin te doen nie, en ek het nooit bang gevoel nie. ”

Wandré van Schalkwyk

“Die kos wat ons moes eet waarvan ek nie sou hou nie, het ek nie na uitgesien nie, maar dit is tog ’n tradisie en ons is nooit geforseer om iets teen ons sin te doen nie.”

Joah Huysamen

“Ek was bang daarvoor om seer te kry, maar ons is altyd mooi behandel tydens hierdie tyd. Ek het na al die pret en kos wat ons sou eet, uitgesien.”

Johannes Esterhuizen

“Die leerlingraad en die sottekamp was waarvoor ek bang was. Ek het uitgesien na die geleentheid om dit alles te kan ervaar en werklik deel van die skool te word. ”

Viri Kamunguma

“I was scared of the LRCs, but this was not needed as they always had our best interests at heart. We were welcomed from the start and this is a great tradition.”

Paulus Nelumba

“Before the sottery I was scared of nothing. I looked forward to being sotted during the athletics and I also look forward to soccer.”

Joseph Shitaatala

“I wasn’t scared of the sottery. I was excited about a new beginning and meeting new people. Everything about the experience was exciting and eventful.”

Kevian Alcock

“Ek was bang vir die leerlingraad in die begin en die klomp nuwe kinders en mense wat ek moes leer ken. Waarna ek uitgesien het was om die skool te leer ken en die geleentheid om deel van die sottery te wees."

Simone Hanstein

“Ek was bang dat ek sou verdwaal, maar ek was nie bang vir die sottery nie. Die sottery is ’n tradisie en ek het daarna uitgesien om deel van iets groots te wees.”