Donsies en Veertjies

Mariselle Stofberg
Aldo Horn



Juffrou Elzeth Harmse en meneer Abie van Wyk het op 19 Julie 2019 toekennings by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) Pluimpietoekennings ontvang. Die toekennings is vir onderskeidelik die skryf van rubrieke en die skryf van ’n boek.

Toekennings word deur die ATKV in verskeie kategorieë toegeken. Musiek, skryfkuns, bydrae tot die gemeenskap en besonderse bydrae tot onderwys is ’n paar van die kategorieë waarin pryse ontvang word, alhoewel daar nog vele meer kategorieë is. Die vier toekennings wat in elke kategorie ontvang word, is ’n Deelname-, Donsie-, Pluimpie-, en Veertjietoekenning. Die pryse is in ’n stygende volgorde genoem waar ’n Veertjie die hoogste toekenning in ’n kategorie is terwyl deelname die laagste is.

Harmse ontvang ’n Donsie, die derde hoogste toekenning, vir die skryf van rubrieke. Hierdie spesifieke rubrieke het sy geskryf toe sy nog ’n joernalis was voordat sy in 2013 begin skoolhou het by WAP. Nie net is sy tans ’n Afrikaanse onderwyser by Windhoek Afrikaanse Privaatskool nie, maar sy word ook erken vir haar sitaat by die humiditeit-lemma in die HAT 6.

Van Wyk ontvang ’n Pluimpie, die tweede hoogste toekenning, vir die skryf van sy boek Hentiesbaai van toeka tot nou. Die boek is uitgegee in 2016 net voor Hentiesbaai die Kwêla Dorp van die Jaar gewen het. Die boek stipuleer die geskiedenis van Hentiesbaai en wys hoe die dorp gegroei het tot waar dit nou is. Hy is ook ’n rekenaarvaadigheid onderwyser by Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

Om hierdie toekennings te ontvang is ’n groot prestasie en eer. Harmse en Van Wyk het uitstaande skryfvaardighede soos regtelik toegeken is deur die ATKV.