Herwinning vir die omgewing se oorwinning

Evany van Wyk
Lieze-Mari van der Westhuizen

Mnr. Bertus Fokkens, bestuurder van Rent-A-Drum se Walvisbaaitak, het op 6 Junie pragtige nuwe herwinningsdromme amptelik aan WBPHS oorhandig en Maandag op 90 Julie het mnr. Rohan Louw, Rent-A-Drum se streeksbestuurder, WBPHS se leerlinge meer kom vertel van die RNF (Recycle Namibia Forum) se herwinningskompetisie vir skole.

“Die wêreld word deur rommel verswelg. Die berge weggooigoed reg rondom die aardbol is meer as net ? aanslag op die sintuie - dit dra by tot besoedeling en vergifting van die atmosfeer. Hoop kom onder andere in die vorm van herwinning. Ons kán die probleem van vullis verminder deur betrokke te raak by herwinningsprojekte,” sê Thomas de Jager, een van WBPHS se prefekte wat in beheer is van die portefeulje Gemeenskapsdiens.

Volgens die hoofmeisie, Michelle du Plessis, is dit ? wonderlike geleentheid om deel te neem aan die RNF se herwinningskompetisie vir skole, naamlik die Schools Recycling Competition.

Mnr. Louw het tydens sy praatjie verduidelik dat Rent-A-Drum se dromme rommel in vyf kategorieë skei, nl. plastiek, glas, koeldrankblikkies, papier en nie-herwinbare items. Rent-A-Drum kom haal die herwinbare rommel op Vrydae, weeg dit en dan word die gewig van die herwinbare afval op hul webwerf gepubliseer. Skole kan dan sien hoe hulle pogings met ander deelnemende skole se pogings vergelyk. ? Lywige kontantprys word jaarliks aan dié skool oorhandig wat die meeste herwinbare rommel kon bymekaarmaak.

“Die Schools Recycling Competition vier vanjaar sy 6de bestaansjaar en met ongeveer 50 Namibiese skole wat jaarliks deelneem, maak ons elke jaar ? groter en groter verskil,” het mnr. Louw gesê.