Kunstefees op Swakopmund

Privaatskole van oral in die land het tydens die vierde Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees hul vele talente ten toon gestel.

17 September 2019 | Cultural

Leandrea Louw

Pro-Ed Akademie op Swakopmund was vanjaar se gasheer van die vierde Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees.

Napso is die organisasie vir Namibiese privaatskole.

Vanjaar was ‘n krieketfees deel van die geleentheid.

Ongeveer 15 skole het deelgeneem met 27 krieketspanne wat betrokke was en sowat 850 kultuurinskrywings wat ontvang is.

Die fees het verlede week Donderdag afgeskop met die krieketfees, kunsuitstalling en die amptelike opening.

Sowat 42 krieketwedstryde is vanaf Donderdag tot Saterdag gespeel.

Me. Florinda Fourie, een van die onderwysers, beskryf die fees as een om te onthou. “Dit was ‘n heerlike naweek vol ongelooflike gees en goeie krieket.”

By die amptelike opening het die ATKV Duine-tak van Pro-Ed Akademie, onder leiding van mnr. Dentie Louw, die kategoriewenners vir die kunsuitstalling aangekondig: Luke Priilaid, graad 1, van Privaatskool Swakopmund (PSS); Rosie Brough, graad 2, ook van PSS; Zander Smit, graad 3, van Pro-Ed Akademie; Leo Magri, graad 4, van PSS; Clara Roets, graad 5, van Pro-Ed Akademie; Fritz Laubscher, graad 6, van Edugate Academy; Phillip Höwer, graad 7, van PSS; Milla Lamprecht, graad 8, van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP); Vimbai Muganga, graad 9, van die Internasionale Skool Walvisbaai (ISW); Tihomir Oliveira Teixeira, graad 10, van ISW; Juanita Schrad, graad 11, van Pro-Ed Akademie; en Agular O’Farril Creach, graad 12, ook van ISW.

Vrydag is die fees hervat met die verskeie kultuuritems, die Dink of Sink-kursus en die brugboukompetisie.

In die brugboukompetisie het Privaatskool Elnatan die eerste plek ontvang nadat hul brug op 99,6 kilogram gebreek het. WAP was tweede en Privaatskool Moria derde.

Die fees is Saterdag afgesluit met die galadinee waarvoor die beste leerlinge gekies is om op te tree.

Die Blue Jeans-orkes van Walvisbaai Privaat Hoërskool het die aand geopen. Die orkes bestaan uit Jacky Mostert, Johanet Derks, Drian Derks, Karli Rudolph en Mia van Wyk. Hul is gevolg deur tromspel deur Jacques Cronje van Privaatskool Moria. Daarna het die duo Kotze en Kühn van Tsumeb Gimnasium ‘n moderne dans gedoen.

Die kleine Kara-Lee Eksteen van WAP het ‘n monoloog opgevoer, gevolg deur ‘n sangitem van Henré Opperman van Gobabis Gimnasium. Daarna het Lara Steyn en Carley Viljoen (WAP) ‘n klassieke stuk met blokfluit en kitaar opgevoer.

Die gehoor is verder vermaak deur Naudé Krone van Privaatskool Moria wat ook ‘n monoloog opgevoer het. Manual Sheehamo van The Dolphin Schools het Tears of Heaven gesing met eie kitaarbegeleiding.

Lumé Jansen van Rensburg en Anke de Bruyn van WAP het ‘n hip-hop-dans opgevoer, gevolg deur ‘n gedig deur Koentja Kuunsjuane Kavari van ISW , en ‘n hip-hop-dans deur Hayden Kitt van WAP. Britney Botha van Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) het ‘n boeiende dansitem gelewer en Elmi McCarthy, ook van WBPHS, het almal laat skaterlag met haar monoloog.

Jo-Anne Steyn en Dean White van Pro-Ed Akademie het ‘n sangitem gelewer, Elizhia Alberts en Malinda Bam (WBPHS) het ‘n hip-hop-dans gedoen, en Ismael Howaseb van Edugate Academy het ‘n sang-en kitaaritem gelewer.

Angelica Basson van ISW het ‘n Afrikaanse gedig voorgedra, Samantha van der Merwe van het ‘n sangitem gelewer, Anne Kock en Edmoné Schollij van Berg-Op Academie het ‘n modern dans gedoen en The Dolphin Schools se kamerkoor het die aand afgesluit.

Die ATKV Duine-tak het die algehele wenners in die verskeie kategorieë aangekondig.

Vir sang in graad 1 tot 3 was die wenner Aneeka Gird van Pro-Ed Akademie; graad 4 tot 7 se wenner was Henré Opperman van Gobabis Gimnasium; en die hoërskoolwenner was Jo-Anne Steyn van Pro-Ed Akademie.

In die instrumentkategorie was die graad 1 tot 3-wenner Jemima Murorua van The Dolphin Schools; vir graad 4 tot 7 was dit Cayla Fourie van WBPHS; en die hoërskoolwenners was Ruan Lotriek en Karli Rudolf van WBPHS.

Die graad 1 tot 3-wenner van die dansafdeling was Anke de Bruin van WAP; in graad 4 tot 7 was dit LeAnne Magson van Pro-Ed Akademie; en die hoërskoolwenner was Elizia Alberts van WBPHS.

Die Afrikaansmonoloog-wenners was in graad 1 tot 3 Kaera-Lee Eksteen van WAP met 100%, in graad 4 tot 7 was dit Jeandre Bruwer van WAP met 93%; en die hoërskoolwenner was Elmi McCarthy (85%) van WBPHS.

Die wetenskapuitstalling-wenners Ane Pieterse van Tsumeb Gimnasium in die laerskoolafdeling en Sabastian Garad van PSS in die hoërskoolkategorie.

Daar was ook optredes deur Refentse, Oom Karoolus en Lente, Bouwer Bosch en Jo Nichol. Luzaan Blaauw van Diamond International het ‘n ma-en-dogteraand aangebied.

Beslis ‘n fees der feeste.

Similar News

 

Expanding possibilities through Informatics

1 week ago - 15 May 2020 | Education

Dr Irja Shaanika completed her undergraduate studies at the Namibia University of Science and Technology (NUST), where she is also a lecturer.She obtained her PhD...

De Beers Group donates a COVID-19 testing machine to...

2 weeks ago - 06 May 2020 | Health

De Beers Group today donated a COVID-19 testing machine to the Government of Namibia as part of its committed N$15 million in-kind donation in response...

Stronger together

2 weeks ago - 05 May 2020 | Health

The Pupkewitz Foundation, through the Citizen’s Campaign, aims to protect healthcare workers who are at the forefront of the coronavirus pandemic. Through raising funds, this...

Old Mutual strengthens NIP testing capacity

3 weeks ago - 30 April 2020 | Health

On 28 April Old Mutual officially handed over their sponsorship of two new testing machines to the Namibia Institute of Pathology (NIP) to strengthen their...

Bringing Namibian artists to your living room

3 weeks ago - 27 April 2020 | Cultural

The 2019 Namibian Annual Music Awards' Artist of the Year, Lize Ehlers, The Lof, the Ell’s, Sean K and even Big Ben, to only mention...

Ministry of Education sets the record straight

1 month - 23 April 2020 | Special Pages

The Ministry of Education, Arts and Culture wishes to assure the nation at large that so far no final decision has been taken after a...

Ministry of Education sets the record straight

1 month - 23 April 2020 | Education

The Ministry of Education, Arts and Culture wishes to assure the nation at large that so far no final decision has been taken after a...

Windhoek Affies gereed vir e-onderrig

1 month - 17 April 2020 | Education

Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) is al vir die afgelope drie weke besig om die e-onderrig platform te implementeer en personeel asook leerlinge daarvoor te registreer....

HOAX ALERT

1 month - 17 April 2020 | Local News

Air Namibia will not operate the Friday, 17 April 2020 flight as indicated below.The Namibian National Airline, Air Namibia is classified as an essential service...

Latest News

Staying safe and secure whilst...

1 week ago - 15 May 2020 | Columns

Jan CoetzeeNamibia may seem remote and often disconnected from the world, but things came starkly into focus. We are part of the global village and...

by Ester Kamati

The a-ha moment

1 week ago - 15 May 2020 | Banking

Dr Rikus Grobler believes that people's creative ideas are every organisation's superpower – it just needs to be harnessed. He says his ability to recognise,...

by Mariselle Stofberg

De Beers Group donates a...

2 weeks ago - 06 May 2020 | Health

De Beers Group today donated a COVID-19 testing machine to the Government of Namibia as part of its committed N$15 million in-kind donation in response...

by

Stronger together

2 weeks ago - 05 May 2020 | Health

The Pupkewitz Foundation, through the Citizen’s Campaign, aims to protect healthcare workers who are at the forefront of the coronavirus pandemic. Through raising funds, this...

by Mariselle Stofberg

Old Mutual strengthens NIP testing...

3 weeks ago - 30 April 2020 | Health

On 28 April Old Mutual officially handed over their sponsorship of two new testing machines to the Namibia Institute of Pathology (NIP) to strengthen their...

by Mariselle Stofberg

Bringing Namibian artists to your...

3 weeks ago - 27 April 2020 | Cultural

The 2019 Namibian Annual Music Awards' Artist of the Year, Lize Ehlers, The Lof, the Ell’s, Sean K and even Big Ben, to only mention...

by Mariselle Stofberg

Ministry of Education sets the...

1 month - 23 April 2020 | Special Pages

The Ministry of Education, Arts and Culture wishes to assure the nation at large that so far no final decision has been taken after a...

by ELIZABETH JOSEPH

Ministry of Education sets the...

1 month - 23 April 2020 | Education

The Ministry of Education, Arts and Culture wishes to assure the nation at large that so far no final decision has been taken after a...

by ELIZABETH JOSEPH

Bank Windhoek launches free essentials...

1 month - 23 April 2020 | Banking

The Rider Service was launched on Thursday, 16 April 2020 and is an add-on service to the Hey Jude for Bank Windhoek App, an exclusive...

by

Load More