Moeder Kersfees kuier in Windhoek

Ester Kamati
Die Ohlthaver & List-groep het sy jaarlikse Kerspartytjie vir minderbevoorregte kinders in Windhoek gehou. Me. Patricia Hoeksema, O&L se groepbestuurder van sakeverhoudings, het dié feestelike geleentheid 15 jaar gelede van stapel gestuur. Vanjaar was sy Moeder Kersfees, wat 250 kinders van die Laerskool Dr. Abraham Iyambo met soetgoed en presente bederf het.“Toe ek by O&L begin werk het, het ek die Kerspartytjie as deel van ons korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid voorgestel en begin. Elke kind verdien ’n bietjie geluk en ’n present in die Kersseisoen,” sê sy.

Foto Tanja Bause