'n Seisoen van prestasies

Mariselle Stofberg
Benneton Calitz



WAP se krieketspelers het vanjaar lekker stem dik gemaak met vele oorwinnings en 'n klomp van hulle wat nasionale span behaal het.

JC Balt is in February deur Krieket Namibië as een van sestien o.19 nasionale krieket spelers aangewys. Hulle het Namibië verteenwoordig in die ICC Wêreld Beker eerste kwalifiserende rondte wat van 15 tot 24 in Windhoek plaasgevind het. Hy was ook deel van WAP se o.19 krieketspan wat in die vakansie aan die APS o.19-toernooi deelgeneem het, waar hulle drie uit ses wedstryde gewen het.

Daar is ook ander WAP-krieketspelers wat groot prestasies gehaal het. Merwe van Wyk en Wian Bhur is albei deel van die o.12-Namibiese span wat in September in Somerset-Wes aan die T20-toernooi gaan deelneem het. Hulle is ook deel van die o.13 B en C spanne onderskeidelik.

Adriaan Louw, wat as beste veldwerker by die Walvis Bay Salt Refinery Cricket Festival, is die kaptein van die o.13-Namibiese span en word vergesel deur sy mede leerder CF Van Rooyen. Nog Affie-krieket spelers wat nasionale span behaal het, is Ewan Lombaard in die C-span en Johann du Plessis in die D-span.

By WAP se o.15-spelers is Alexander Busing-Volschenk, Christiaan Delport en Van der Merwe Tromp tot die Namibiese o.15 A-span aangewys, Ben Burger en Zacheo Jansen van Vuuren tot die B-span en Joshua Bester tot die C-span. Al drie hierdie spanne gaan aan die einde van die jaar op toer.

In skole-krieket het WAP se o.11 spanne goed gevaar. WAP se o.11-span is by die Walvis Bay Salt Refinery Cricket Festival as die span met die beste spangees aangewys tesame met vyf uit ses oorwinnings. Daarna het die o.11 A-span Elnatan op 10 September met 'n allemintige 189 lopies geklop op Affies Park. Die B-span het vir Parkies geklop met 49 lopies. Die C-span en D-span moes ongelukkig die knie teen Windhoek Gimnasium buig.

Die o.13-spanne vaar net so goed met twee oorwinnings agter die B-span en die titel van beste span agter die A-span by die Walvis Bay Salt Refinery Cricket Festival, al moes hulle later die knie teen St. Pauls en Windhoek Gimnasium buig.

Die o.15-span het hul spiere gebult en stof in die oë van Windhoek Gimnasium geslaan en hulle met 77 lopies oorwin. Tog moes hulle net so hard werk om hul oorwinning oor St. Pauls met 'n enkele lopie te behaal. En om al dié prestasies tot op hede aan te vul, het die eerste span oorwinnings oor beide Windhoek Gimnasium en Edugate behaal.