O&L Leisure ondersteun voorskoolse leerlinge

ELIZABETH JOSEPH
30 voorskoolse leerlinge van die Gekombineerde Skool Kasika in die Kasika nedersetting in die Zambezistreek was die ontvangers van ’n skenking van O&L Leisure, ’n vertakking van die Ohlthaver & List (O&L) groep.

Die skenking het onder andere skooltasse en skryfbehoeftes bevat om die leerlinge by te staan met die begin van die nuwe skooljaar. Mnr. Peter Heckmair, die algemene bestuurder van Chobe Water Villas het die donasie namens O&L Leisure behartig.

FOTO VERSKAF.